Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks, Things Heard & Seen, The Conjuring

Things Heard & Seen **

Bang oë, ligte wat ontplof en huise wat die poort tot die hel vorm, is al soos ’n leeggesuigde kondensmelkblik op ’n koshuistafel papgedruk. Daar is weer ’n Alfred Hitchcock nodig om die riller te herontwerp. Ons gaap deesdae van een gruwel-cliché ná die ander, want een meisie (Amanda Seyfried) kan net só dikwels in afgryse staar. As jy lus is vir ’n lekkerkykriller, is hierdie nie jou paspoort tot ritteltitgril nie. En hierdie een is elke jong bruid se groot nagmerrie. Dit verdwyn in die vlieswolkies van onheil. Beperking: 16. Op Netflix.

The Conjuring: The Devil Made Me Do It ***

Vir die soveelste keer durf Ed en Lorraine Warren ’n spookhuis aan of help om duiwels uit te dryf. Dié een (die insident is glo waar) se skokstok ruk so tussen die beurtkragrooster deur, maar soos met die ander is die kyker bedag op die skokke waar liggame verwring word. James Wan, wat ook Saw 1 gemaak het, verhef die rolprent effens bo die gewone griller. In teaters. Beperking: 16.

top5
x

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.