Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks, Voyagers, Come Away

Voyagers * In teaters.

As jy al ooit ’n blatante nabootsing van Lord of the Flies gesien het, is dit hierdie koekiedrukker deur Neil Burger. ’n Groep kinders beland op ’n ruimteskip wat 85 jaar lank na ’n planeet reis wat die mensdom sal kan bewoon en hul kleinkinders moet dit beskaafd maak. Maar aanvanklik is daar ’n jong despoot wat die ruimteskip se reëls wil verander en die ruimtevaarders wil oorheers en selfs vermoor. Die spel is belangeloos en die storie oorbekend. Moenie dat die lokprent jou mislei nie.

Come Away *** In teaters.

Peter Pan, Alice (in Wonderland) en Angelina Jolie saam in een rolprent! Hierdie een, oor die bekende kinders se eerste avontuur voordat hulle groot word (Alice, in elk geval) kan jou pikkies dalk bekoor en in wonderwerke, asook die Lost Boys, laat glo. Nogal donker, maar opwindend, veral wat die kunsregie en asemrowende natuurtonele betref. Ook vir grootmense. Vergesel volwassene 7-9.

Loket

Meer oor:  Nuwe Flieks  |  Voyagers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.