Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks: Welcome Home, The White Tiger

Welcome Home *

Sodra jy die jacuzzi, die eienaar van ’n villa en die fraai uitsig sien, vermoed jy onheil. Voeg daarby die landheer wat ’n ongelukkige paartjie afloer en onverwags opdaag en die resep is voorberei vir moord, seks en verraad. Maar dat die briljante Aaron Paul hom hieraan verbind het, is onverstaanbaar. “Ek kon die draaiboek geskryf het,” sug ’n vriend halfpad deur die rolprent. Jy ken die tweemaaltafel beter as die kinkels in die kabel. Moenie hierop tyd mors nie. Rillers is ’n kuns. Hier is ’n holruggeryde hobbelperdjie. Op Showmax. 16.

The White Tiger
 ****

Verwag ’n besonderse rolprent waarvan die draaiboek vir ’n Oscar benoem is. ’n Jong man is moeg daarvoor om gering­geskat te word en meld homself as die motorbestuurder van ’n ryk psigopaat aan. Maar moenie vir Balram (Adarsh Gourav) onderskat nie. Hy leer by die beste en kort voor lank verander dinge . . . Ten spyte van die misleidende titel is dit ’n besonder slim, verrassende en intelligente wraak-rolprent. Op Netflix. Beperking 16.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.