Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks: Words on Bathroom Walls, Heist

Words on Bathroom Walls ***

Charlie Plummer speel ’n skiso­freen wat deur hallusinasies en buitengewone beskermengele geteister word in ’n drama wat die dilemma van skisofrenie verbeeld. Hy skep sy eie monsters in die klaskamer en die regisseur toon hoe dit sy lewe vernietig, maar tog ook verryk omdat slegs die beskerm­­engele hom verstaan.

Hy word na ’n ander skool toe gestuur, maar die chaos om hom neem dramaties toe in interessante filmiese terme. Maar hoe hanteer ’n mens ’n slegte gees wanneer dit jou pa is?

Duidelik is hierdie rolprent op Netflix net op ’n uitgesoekte gehoor gerig en diegene wat in sielkunde belangstel.

Heist ***

Berei jou in dié reeks, met verskeie episodes (twee per rooftog), voor op die mees onmoontlike en astrante rooftogte ooit. Raar maar waar. Vermaaklik dog skokkend. Nie alleen word ’n vrou se lewe vernietig deur ’n sjarmante psigopaat wat haar mislei om te roof nie, maar sowat R1,5 miljard word lag-lag in Miami gebuit. En dis maar net die begin. Lekker ligte kykstof. Op Netflix.

Top5

Meer oor:  Nuwe Flieks  |  Heist
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.