Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe kykgenot op Showmax
Keira Knightley in Colette.

Agt nuwe flieks op Showmax is net die regte doepa vir die koue dae. Trek die kniekombers en verwarmer nader vir:

* Fast & Furious: Hobbs & Shaw: Twee geswore vyande, Luke Hobbs (Dwayne Johnson) en Deckard Shaw (Jason Statham), moet saam die stryd aansê teen die anargis Brixton (Idris Elba) wat dreig om ’n virus op die mensdom los te laat.

* Pokémon Detective Pickachu: Nadat Tim se pa spoorloos verdwyn het, span Tim en Pikachu saam om die raaisel op te los.

* Dora and the Lost City of Gold: Dora, wat in die oerwoud grootgeword het, en haar getroue apie lei ’n groep kinders op soek na haar ouers en die verlore goudstad.

* Good boys: Die 12-jarige weet nie hoe om ’n meisie te soen nie, maar wanneer hy en sy pêlle van skool wegbly, beland hulle weens verkeerde besluite op ’n dwaalspoor waar hulle met dwelms, die polisie en histeriese tienermeisies te doen kry.

Danielle McDonald en Jennifer Arniston in Dumplin.

* Dumplin: Dumplin, ’n oorgewig meisie (Danielle McDonald) skryf in vir Miss Teen Bluebonnet, aangebied deur haar ma (Jennifer Aniston), voorheen ’n skoonheidskoningin. Meer meisies volg dan Dumplin se verset teen die kompetisie en die kleingeestigheid van hul dorp.

* Boy, Erased: ’n Ware verhaal oor Jared, die seun van ’n Baptiste-prediker, wat die ultimatum gestel word om aan die kerk se “omkeer-terapieprogram” deel te neem of sy familie, vriende en geloof te verloor. Jared word vertolk deur Lucas Hedges en Nicole Kidman en Russell Crowe speel sy ouers.

* Colette: Die fliek is gegrond op die outobiografie van die Franse skrywer Sidonie-Gabrielle Colette wat in 1948 vir die Nobelprys benoem is. Ná haar troue met die arm, maar gewilde skrywer Willy, tree sy as spookskrywer vir hom op. Willy weier om te herken dat sy die skrywer is, terwyl sy ’n stryd teen die samelewing se gender-norme voer in ’n poging om erkenning van haar skeppende vermoë. Keira Knightley is te sien as Colette.

* Skyscraper: Wanneer die hoogste gebou in China aan die brand raak, moet die oorlogsveteraan Will Sawyer (Dwayne Johnson) ’n plan maak om die skuldiges op te spoor.

Meer oor:  Flieks  |  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.