Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe ‘Semi-Soet’ moet werk skep én pret wees
Nico Panagio en Anel Alexander destyds op die stel van Semi-Soet.

Dit was die akteurspaar Anel en James Alexander se behoefte om werk te skep, maar ook pret te hê wat hulle laat besluit het om ’n opvolg van hul 2012-rolprent Semi-Soet te maak.

Die regisseur moet nog bevestig word en die storielyn mag nog nie verklap word nie, maar die tweede fliek fokus veral op familie.

“Ons is baie opgewonde oor Semi-Soet 2,” sê Anel uit Los Angeles in Amerika waar sy en James die afgelope drie jaar woon. Hulle het hul eie produksiemaatskappy, Scramble Productions.

“Ons het dit inderdaad nie beplan nie. Dit was net ’n sameloop van omstandighede en toe besluit ons, hoekom nie?”

Lucia Meyer-Marais en Jozua Malherbe is mede-vervaardigers van Semi-Soet 2.

Anel was in die fliek en akteurs soos Sandra Vaughn, Nico Panagio en Louw Venter keer ook terug in die tweede fliek.

Die Alexanders het Suid-Afrika onlangs besoek.

Hulle was vier maande hier omdat James geskiet het aan die reeks Trackers gegrond op Deon Meyer se gelyknamige roman wat in Afrikaans as Spoor verskyn het.

“Dit breek my hart as ek na Suid-Afrika terugkom en sien hoe swaar van ons land se top-akteurs en rolprentpersoneel kry, want daar is nie genoeg volhoubare werk nie,” sê Anel. “Ons hoop om werk vir ’n groepie mense te skep en om die bedryf ekonomies ’n hupstoot te gee.”

James Alexander
James Alexander

Die Alexanders het juis na Los Angeles gegaan om die Suid-Afrikaanse bedryf te bevorder.

“Dit was nog altyd deel van die plan,” sê Anel.

“Ons is lief vir Suid-Afrika, ons hart is daar, ons mense is daar. Ek het baie geesdrif vir die Suid-Afrikaanse bedryf. Ons het in LA kom leer en om kontakte op te bou sodat ons geld en werk terug na Suid-Afrika kan neem. Ons het nie die Suid-Afrikaanse bedryf verlaat nie.”

Die Alexanders het ook die flieks Discreet en Sink vervaardig.

Anel reken dat Suid-Afrika met rolprente by die res van die wêreld kan kers vashou.

“Daar is soveel talent in Suid-Afrika. Ons besef die waarde daarvan om saam met lekker mense te werk.

“Semi-Soet was soveel pret op stel. Dit was ’n spesiale klomp mense wat bymekaar uitgekom het. Ons was net lus om weer iets te doen wat pret is. Oor die afgelope drie jaar dat ek in LA is, het ek al baie teruggekom en ek kry die gevoel die gemoed in SA is verskriklik swaar.

Die eerste fliek het soveel vreugde en plesier vir mense gebring. Ek hoop die tweede een kan ook.”

Anel sê die gehoor het ook saam met die fliek gegroei. Net soos die akteurs, is die kykers vandag ouer en op ’n ander plek in hul lewens.

“Mense moenie verwag dat dit soos die eerste een gaan wees nie, maar daar is geen rede dat dit nie iets anders kan wees nie.”

Meer oor:  Nico Panagio  |  Anel Alexander  |  James Alexander  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.