Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe Stallone-fliek tref SA op 7 Junie
Sylvester Stallone in Backtrace

Sylvester Stallone-aanhangers kan uitsien na dié sterkman se jongste fliek, Backtrace.

Die misdaadriller gaan oor ’n rooftog wat skeefloop en ’n spoor van dooies laat. Die enigste oorlewende se beserings tas sy geheue sodanig aan dat hy nie kan onthou waar die geld versteek is nie.

Stallone is die plaaslike polisieman wat die net al hoe nouer om die oorlewende trek.

Van die byspelers is Ryan Guzman en Matthew Modine. Die fliek word op 7 Junie in Suid-Afrika uitgereik. Die regisseur is Brian A. Miller van Vice-faam.

Meer oor:  Sylvester Stallone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.