Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe ‘Star is Born’ op pad

Lady Gaga en Bradley Cooper skitter in die nuwe weergawe van die rolprent A Star is Born.

Bradley Cooper en Lady Gaga kom by by die rolprentfees in Venesië aan. Foto: Getty Images
Lady Gaga blaas ’n soentjie na bewonderaars. Foto: Getty Images

Cooper is nie net die vervaardiger nie, maar ook die regisseur van die fliek.

Hy het die draaiboek saam met Will Fetters en Eric Roth geskryf.

Die vorige weergawe van die verhaal van ’n oor-die-muur countrysanger, gespeel deur Cooper, en ’n nuwe opkomende sangeres, gespeel deur Gaga, was in 1976 ’n treffer. Kris Kristofferson en Barbra Streisand het toe die hoofrolle vertolk.

Die eerste weergawe van A Star is Born was in 1937 op die silwerdoek.

Die sterre van die rolprent was Vrydagaand op die rooi tapyt te sien by die rolprentfees in Venesië.

Irina Shayk was ook op die rooi tapyt te sien. Foto: WireImage
Barbara Palvin het ook die vertoning bygewoon. Foto: WireImage
Donatella Versace en Irina Shayk deel ’n ligte oomblik op die rooi tapyt. Foto: Getty Images
Cate Blanchett het ook die geleentheid bygewoon.Foto: Getty Images
Meer oor:  Bradley Cooper  |  Lady Gaga  |  Flieks  |  A Star Is Born
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.