Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe Van Gogh-prent sluit New York-fliekfees af
06 September 2018

Die fliek At Eternity’s Gate, wat handel oor die laaste dae van Vincent van Gogh, sal die 56ste New York-fliekfees vanjaar afsluit.

At Eternity’s Gate, wat sy première op die Venesiese fliekfees in Italië gehad het, is die regisseur Julian Schnabel se eerste fliek in agt jaar.

Willem Dafoe is te sien as Van Gogh.

Die titel van die fliek kom van Van Gogh se skildery At Eternity’s Gate wat ook bekend staan as Sorrowing Old Man. Hy het dié werk sowat twee maande voor sy dood voltooi en dit word beskou as ’n aanduiding van sy geestesgesondheid in daardie tyd.

Schnabel is voorheen benoem vir Oscars vir Before Night Falls en The Diving Bell and the Butterfly wat onderskeidelik in 2000 en 2007 uitgereik is. Dafoe is ook verlede jaar benoem vir ’n Oscar vir sy rol as Bobby Hicks in The Florida Project.

Schnabel is ’n ook bekroonde beeldende kunstenaar.

Die res van At Eternity’s Gate se rolverdeling sluit in Oscar Isaac, Rupert Friend, Emmanuelle Seigner, Mathieu Amalric en Mads Mikkelsen.

Willem Dafoe as Vincent van Gogh in die fliek At Eternity’s Gate.Foto: Lily Gavin

Die fees word geopen met die historiese fliek The Favourite deur Yorgos Lanthimos met Emma Stone en Rachel Weisz in die rolverdeling. Alfonso Cuarón se familiedrama, Roma, is ook deel van dié fliekfees se amptelike keur.

Die amptelike plakkaat van die fliek is pas bekend gestel.

Meer oor:  Willem Dafoe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.