Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Olimpiese atleet, 7de Laan-akteur maak liefdesfliek

’n Rolprent uit die pen van ’n Olimpiese atleet en sy ewe bekende akteur-broer van Bloemfontein begin op Valentynsdag in teaters wys.

Johan Cronjé (36) en sy broer, Hendrik (34), oud-leerlinge van Grey-kollege in Bloemfontein, het met die maak van Liewe Lisa nie gedink dit sal in die liefdesmaand reeds begin draai nie.

Johan (links) en Hendrik Cronjé, albei van Bloemfontein, het saam aan die rolprent Liewe Lisa gewerk. Johan is ’n Olimpiese atleet en Hendrik het al aan verskeie TV-projekte gewerk. Foto: Mlungisi Louw

Johan, wat Suid-Afrika in 2004 op die Olimpiese Spele in Athene verteenwoordig het, het in die Wêreldkampioenskap in 2013 in Moskou ’n bronsmedalje in die 1 500 m gewen.

Hendrik is weer bekend vir sy rol as Lukas in 7de Laan. Dit is die eerste keer dat hulle saam aan ’n rolprent werk.

Nadat Johan ingestem het om as vervaardiger betrokke te raak het dié “aweregse liefdesdrama” spoed opgetel.

Vir Hendrik is dit meer as ’n romantiese fliek, wat onder meer op Stellenbosch en aan die Weskus verfilm is.

“Die onderliggende tema is om jou drome te volg,” sê Hendrik, wat die hoofrol vertolk én die regisseur is.

Dit was nie maklik om ’n storiemaker in ’n sportmalgesin te wees nie, sê Hendrik. Pa Danie en ma Sarina is albei Springbokatlete.

Hy onthou ’n spesifieke aand op skool voordat hy aan die 100 m deelgeneem het.

“Ek het in my bed gesweet. Ek het net gedink jis, ek voel nie tuis nie, dis nie wat ek wil doen nie.”

Met sy rol as Lukas in 7de Laan was hy een stap nader aan stories.

“Vandat ek by 7de Laan weg is, was die een konstante ding dat ek ’n fliek wil maak.” Hy moes bontstaan tussen regisseur en akteur wees.

Dit het vir Johan ’n logiese stap geword om by die rolprent betrokke te raak.

Johan Cronjé (links) is ’n Olimpiese atleet en Hendrik ’n akteur in onder meer 7de Laan. Foto: Mlungisi Louw

Ná 15 seisoene se gewroeg met ’n beseerde lies, het hy besef hy is klaar met hardloop.

Dit is toe dat hy Liewe Lisa se teks opgetel het.

Nou, ’n jaar of wat later, is dié rolprent maar net die begin. Die Danser is een van vele draaiboeke wat wag om verfilm te word.

Die rolverdeling spog met groot name soos Zane Meas, Albert Maritz en Stian Bam.

Hoewel net ’n jaar verloop het tussen die opname en die redigering, het hy in dié tyd met vyf jaar verouder, sê Hendrik.

“Dit is ’n klein groep, maar die storie is ingewikkeld, en dit het die redigering moeilik gemaak.”

Die twee Bloemfonteinse broers, Johan (links) en Hendrik Cronjé, wat nou saam ’n fliek gemaak het. Foto: Mlungisi Louw

Albei beskryf die maak van die rolprent as ’n reuse-leerskool.

“Dis Hendrik se droom, maar die filmbedryf is meer as net kameras,” sê Johan.

Dat fliekvlooie deesdae verkies om rolprente en reekse oor die internet by die huis te kyk, skeel die twee broers allermins.

“Ons verkies dit so, want dit maak jou mark groter.”

Hy is veral opgewonde oor Netflix Originals, wat lande soos Suid-Afrika nou nooi om hul oorspronklike werk op dié platform te laai.

“Ons soek mense wat ernstig is oor toneelspeel. Of hulle bekend is of nie, maak nie saak nie,” sê Hendrik.

https://www.youtube.com/watch?v=sYZc6ORahRE

Meer oor:  Grey-Kollege  |  Hendrik Cronjé  |  Bloemfontein  |  Fliek  |  Liewe Lisa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.