Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Omstrede boek verfilm ondanks storm oor feite
Aaron Taylor-Johnson wat James Frey in die fliek ‘A Million Little Pieces’ vertolk.

Ná die storm wat oor James Frey se “memoir” A Million Little Pieces losgebars het, het die bekroonde regisseur Sam Taylor-Johnson dit egter waardig genoeg geag om in ’n rolprent te verwerk.

Al het Frey dalk nie werklik self alles beleef wat hy oor sy alkohol- en dwelmverslawing skryf nie en al het hy sommige van die situasies dalk vergroot, bly dit ’n geloofwaardige verhaal oor die rehabilitasie van ’n man wie se lewe op ’n snelweg na selfvernietiging was.

Frey was 23 jaar oud toe hy hom op ’n partytjie in Chicago só te buite gegaan het, dat hy nie ’n benul gehad het wat gebeur het en waarheen hy op pad was toe hy ure later op ’n vliegtuig bykom nie. Om die waarheid te sê, hy kon niks onthou van die vorige paar weke van sy lewe nie.

Al het Frey dalk nie werklik self alles beleef wat hy oor sy alkohol- en dwelmverslawing skryf nie en al het hy sommige van die situasies dalk vergroot, bly dit ’n geloofwaardige verhaal oor die rehabilitasie van ’n man wie se lewe op ’n snelweg na selfvernietiging was.

Die vlug het hom geneem na Minnesota waar hy in ’n legendariese sentrum vir verslaafdes opgeneem is. Daar is sy lewe bevolk met medeverslaafdes wat almal ’n rol in sy kentering speel.

Leonard is ’n vuilbek bendelid, Roy ly aan bipolêre depressie, John het ’n obsessie met seks en Miles is ’n klarinetspeler en oudregter.

En dan is daar Lilly, ’n pragtige maar brose jong meisie met ’n ernstige verslawingsprobleem en emosionele afhanklikheid.

Frey en Lilly ontmoet mekaar in die geheim omdat mans en vroue nie in die sentrum mag meng nie. Hy besef een verkeerde besluit kan sy goeie voornemens oor ’n beter lewe binne sekondes uitwis.

In 2005 het Oprah Winfrey A Million Little Pieces so in haar TV-program opgehemel dat dit 15 agtereenvolgende weke die topverkoper op The New York Times se verkoperlys was.

Toe gerugte die ronde doen dat die boek nie ’n ware memoir is nie, het Oprah vir Frey weer na die TV-ateljee genooi, glo onder valse voorwendsels en sodanig oor die kole gehaal dat die boekverkope afgeneem het.

Dit het Sam Taylor-Johnson egter nie gekeer om die fliek te maak wat volgens haar geen van die harde werklikhede van verslawing verbloem nie, maar wat kykers darem ook nie van die herstel, liefde, vriendskappe en hoop weerhou nie. Die fliek stel al die negatiewe bloot en behou die goeie.

“Die belangrikste is dat mense met hoop en optimisme uit die teater sal stap en nie met wanhoop nie,” sê sy.

Taylor-Johnson se man, Aaron Taylor-Johnson, vertolk Frey. Van die ander akteurs is Billy Bob Thornton, Juliette Lewis, Giovanni Ribisi, Charlie Hunnam en Odessa Young.

* A Million little Pieces is een van die flieks op die Johannesburg-rolprentfees en wys weer op 23 November om 09:00 in die Rosebank Nouveau-teater voordat dit op 7 Februarie op die Suid-Afrikaanse kringloop uitgereik word. – Bykomende bronne: Independent, The Guardian.

Meer oor:  Flieks  |  One Million Pieces
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.