Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Ontvlugting uit hede met Boss

Blinded by the Light

Musiekdrama

**

Ouderdomsbeperking: 13 LVP

Javed (Viveik Kalra) vind vertroosting in Bruce Springsteen se musiek in Margaret Thatcher se Brittanje in Blinded by the Light.

Om in die musiek van die Amerikaner Bruce Springsteen ál die antwoorde op jou lewensvrae te vind terwyl almal om jou die borrelgom-oorwurms van Pet Shop Boys en a-ha verkies.

Dit is een van nogal vele dilemmas van Javed (Vivek Kalra), ’n skaam 17-jarige Pakistanse tiener wat in Margaret Thatcher se Brittanje woon.

Hy staan uit by die skool, hy word geboelie deur Britse lummels omdat hy van Pakistanse herkoms is, hy het net een vriend en daar is geen meisie op die horison nie.

Boonop koester sy streng, kultuurvaste pa hoë verwagtinge van hom – dat hy gaan werk as ’n eiendomsagent, dat hy gaan help om sy familie te onderhou en dat hy sy wilde idees laat staan. Hy moet ook binnekort trou en ’n man word.

Wilde idees soos dat hy wil skryf en ’n loopbaan daarvan wil maak, hoort nie by ’n gehoorsame Pakistanse seun nie. Als blyk in plek te val dat hy ’n joernalis kan word; sy pa wil egter niks weet nie.

Die regisseur Gurinder Chadha werk met die botsing van kulture en die spanningslyn tussen generasies. Net soos haar gewilde Bend it like Beckham waar ’n Sikh-tienermeisie haar droom volg om ’n beroepsokkerspeler te word werk Chada hier met tienerangst en die stryd om jou identiteit te vestig vry van jou ouers se voorskrifte.

Tog verloor Blinded by the Light gou die pad – die verhaallyn makeer koers en dramatiese impak. Die besoek aan Amerika en die tuiste van Springsteen kon byvoorbeeld uitgelaat word vir nog diepgang soos daardie etenstoneel. Die prent is swak geredigeer en maklik tot 20 minute te lank.

Springsteen se lirieke en musiek vertroos Javed en kry sy drome op koers en dit word haalbaar. Die kunstenaar verwoord dit wat Javed nog nie kan nie en hy word sy klankbord en die stem wat hom gerusstel. Hy kan inderdaad wees wie hy wil wees. Die lirieke word uitgespel op mure en tonele in Javed se leefwêreld. Dit is ’n soort ode aan The Boss wat sing vir die ewige buitestander om sy weg te vind met hoop en liefde.

Die verhaal is gegrond op die lewe van die Britse joernalis Sarfraz Manzoor, wie se memoire Greetings from Bury Park, in 2007 verskyn het. Manzoor is ’n groot Springsteen-aanhanger en die mededraaiboekskrywer.

Talle oomblikke in die prent is werklik warm en innemend – daar is selfs ’n toneel waar almal spontaan saam sing en dit is nie kruiperig of suikersoet soos dit gewoonlik in dié soort prent is nie.

Kalra se Javed is bekoorlik in die grootoog-sjarme en uitbundigheid van ’n tiener. Hy vertolk ook treffend die donker en hartseer van ’n stemlose, hetsy as immigrant of seun vasgevang in ’n ouer se verwagtinge.

Hayley Atwell se vertolking van die Engelse onderwyser wat Javed uitdaag om sy skryfstem te vind, is ’n simpatieke geskakeerde kamee. Die meeste mense onthou juis so ’n onderwyser. Ook Javed se aktivis-meisie (sy wil onder meer vir Nelson Mandela bevry) is gewikkel in ’n stryd met haar konserwatiewe ouers – ’n ongemaklike toneel aan die etenstafel is skreeusnaaks aangebied.

Tog verloor Blinded by the Light gou die pad – die verhaallyn makeer koers en dramatiese impak. Die besoek aan Amerika en die tuiste van Springsteen kon byvoorbeeld uitgelaat word vir nog diepgang soos daardie etenstoneel. Die prent is swak geredigeer en maklik tot 20 minute te lank. Sowat ’n driekwartier van die prent is werklik oortuigend en kolskoot.

Klassieke ballades van tussen 1975 en 1984 kan gehoor word. Tonele met “Born to Run”, “Dancing in the Dark” en “Hungry Heart” sal diegene met ’n fiksasie met Springsteen tevrede stel. Die res is die grote nie juis waardig nie.

Meer oor:  Fliekresensie  |  Vermaak  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.