Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Oorlogsdrama en riller dié naweek te sien
Judi Dench vertolk die hoofrol in die oorlogsdrama ‘Six Minutes to Midnight’.

’n Oorlogsdrama en riller word vandeesweek in rolprentteaters uitgereik.

• Die oorlogsdrama Six Minutes to Midnight speel af in die tyd toe Nazisme hoogty in Europa gevier het. Dit is op ware gebeure gegrond en volg die lewe van die Engelse onderwyser Thomas Miller (Eddie Izzard) wat uit noodweer ’n pos as onderwyser aanvaar. Hy moet die dogters van ’n klompie Nazi-hoëlui by ’n afrondingskool aan die kus van Engeland help om hul Engels eksieperfeksie te kry. By die vooraanstaande skool swaai die skoolhoof, me. Rocholl (Judi Dench), die septer, maar dan word daar ’n lyk gevind. Wie is die moordenaar? Thomas is die hoofverdagte.

Die regisseur is Andy Goddard, ’n Brit bekend om sy regie van onder meer die gewilde televisiereeks Downton Abbey. Jim Broadbent is ook in die prent te sien.

• Die riller Run handel oor ’n tiener in ’n rolstoel, wat deur haar ma versorg word. Op ’n dag begin die blymoedige 17-jarige Chloe onraad vermoed: Haar ma doen als vir haar en het geen vriende of ’n lewe van haar eie nie. Kan dit normaal wees? Chloe word ook nie toegelaat om vriende te hê nie en het eintlik geen kontak met die buitewêreld nie.

Sarah Paulson (regs) vertolk die rol van die sorgsame ma en Kiera Allen is haar gestremde kind in die riller ‘Run’.

Die Ratched-aktrise Sarah Paulson word geloof vir haar vertolking as die sorgsame ma, so ook Kiera Allen as die gestremde kind. Waarom is sy so siek, waarom het sy bykans elke siekte in die boek? Alles het begin toe sy te vroeg gebore is, vertel haar ma. Dit is vreemd dat haar ma haar internettoegang weier, dit is mos noodsaaklik vir ’n tiener? Chloe begin ondersoek instel.

Die regisseur is Aneesh Chaganty. Oorsese resensente het die prent oorwegend drie sterre gegee. Hulle is van mening dat dit nogal voorspelbaar is met net een of twee werklike bangmaak-oomblikke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.