Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Oorspronklike Darth Vader-akteur oorlede

David Prowse, die Engelse akteur wat die rol van Darth Vader in die oorspronklike Star Wars-flieks vertolk het, is Sondag in die ouderdom van 85 oorlede.

Prowse se bestuurspan het sy dood op Twitter aangekondig.

David Prowse, ’n’gewigsopteller voordat hy akteur geword het, in 2015 tydens ’n nuuskonferensie in Madrid, Spanje. Hy het die rol van Darth Vader in die oorspronklike Star Wars-flieks vertolk. Foto: Getty Images

Prowse, ’n gewigopteller wat later akteur geword het, se stem is nooit in die Star War-flieks gebruik nie. Die regisseur George Lucas het Prowse net vir sy breë skouers en indrukwekkende lengte gebruik om die rol van die gemaskerde antagonis Darth Vader in Star Wars, The Empire Strikes Back en Return of the Jedi te vertolk.

Prowse is in die jaar 2000 deur koningin Elizabeth vereer vir sy liefdadigheidswerk en betrokkenheid by ’n projek om voetgangerveiligheid te verbeter. - Reuters

Meer oor:  David Prowse  |  Star Wars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.