Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Opelugteater met ‘Park Dances #2’

Flatfoot Dance Company, Park Dances #2. Met Sifiso Khumalo en Sbonga Ndlovu. Artistieke direkteur: Lliane Loots.

Die eerste seisoen was uitverkoop en het mense op hul voete gehad. Wat daardie produksie, en nou sy opvolg so besonders maak, is omdat dit in die buitelug aangebied word en wel in die Botaniese Tuin in Durban. Park Dances #2 span kragte saam met Durban se Kathak-meester Manesh Maharaj met die gedigte van Jalaluddin Rumi, wanneer moderne Afrika-ritmes en -kultuur gekombineer word met Indiese ritmes. Die vertoning duur ’n uur lank en die volle dansgroep neem deel met Maharaj as spesiale gas.

Die artistieke direkteur, Lliane Loots, voeg by: “Ons is bevoorreg om voort te gaan met ons Parkdans-inisiatief in die Botaniese Tuin, in samewerking met die Durbanse Botaniese Tuin-trust. Ook om weer hierdie pragtige tuin en opelugteater se leefruimte met gehore te deel.”

Wat die program nog verder laat uitstaan, is die feit dat dit gesinsvriendelik is, daarom kan gesinne piekniekmandjies pak met kos en drinkgoed, asook komberse om op te sit. Let op die datums van die verskillende programme.

Vandag, 13 Junie om 16:30, dan weer eerskomende Vrydagmiddag 18 Junie, Saterdagmiddag 19 Junie en Sondag, Vadersdag, 20 Junie. Al die konserte begin om 16:30. Elke kaartjie kos R100.

Daar is veilige parkeerplek by die Botaniese Tuin se ingang. Streng Covid-19-veiligheidsmaatreëls sal geld. Slegs 100 mense sal per vertoning toegelaat word.

Kaartjies word nié by die deur verkoop nie.

Meer oor:  Op Die Verhoog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.