Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Opvolg kom vir Mel se fliek oor Jesus
Foto:

Mel Gibson is besig met ’n opvolg op The Passion of the Christ.

Jim Caviezel, wat Jesus in die 2004-fliek gespeel het, sê die tweede fliek “sal die grootste fliek in wêreldgeskiedenis wees”.

Gibson was die regisseur en het saam met Randall Wallace die draaiboek van die eerste fliek geskryf, wat destyds meer as $612 miljoen by die loket verdien het. Gibson en Wallace werk al jare lank aan die draaiboek vir die opvolgfliek.

Volgens Caviezel het hy al die derde weergawe van die draaiboek gesien.

“Dit kom . . . Die titel is The Passion of the Christ: Resurrection.”

Hy sê sekere elemente in die opvolgfliek sal die gehoor skok. – NME, New York Post

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.