SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Flieks
Oscar wink vir Zellweger in rol as Judy Garland
Renée Zellweger as Judy Garland in die fliek ‘Judy’.

Renée Zellweger se kans om volgende jaar met ’n Oscar as beste aktrise bekroon te word, is ná vroeëre voorspellings verder bevestig toe sy Sondag die British Independent-rolprentprys vir haar vertolking van Judy Garland in die fliek Judy ontvang het. Dié pryse is elke jaar ’n sterk aanduiding van die Oscar-wenners.

Kenners prys Zellweger vir haar begripvolle emosionele uitbeelding van dié liefling van die silwerdoek, ’n aktrise wat agter die skerms vasgevang was in ’n web van dwelms, drank en misbruik.

Zellweger is op 25 April 1969 gebore, twee maande voor Garland se dood.

Haar belangstelling in toneelspel het heel beskeie op hoërskool begin wat sy aan die Universiteit van Texas verder beproef het. Dit was so bevredigend dat sy ná haar graad Hollywood toe is, maar dié glinsterstad laat hom nie so maklik binnedring nie. Sy het na Texas teruggekeer, soveel as moontlik oudisies gedoen en klein rolletjies losgeslaan.

Op die stel van een van die flieks het sy Matthew McConaughey ontmoet, ook ’n nuweling wat ’n deurbraak probeer maak het. Zellweger sê sy het belang gestel in ’n projek waarby hy betrokke was en inderdaad ’n rol in Love and a .45 gekry wat soveel lof uitgelok het dat sy moed gehad het om weer ’n bres in Hollywood te probeer slaan.

Sy was meer as suksesvol. In The Whole Wide World het sy so beïndruk dat Cameron Crowe haar vir sy fliek Jerry Maguire genader het, nadat hy bekendes soos Cameron Diaz, Bridget Fonda, Winona Ryder en Marisa Tomei vir die rol van Dorothy Boyd oorweeg het.

Renée Zellweger

Zellweger het daarna in enkele onafhanklike flieks gespeel waarin sy weer aandag getrek het en is beloon met ’n rol teenoor Meryl Streep in One True Thing (1998).

Me, Myself and Irene (2000) teenoor Jim Carrey was nie net haar volgende sukses nie, maar ook die begin van ’n verhouding met Carrey, wat intussen op die rotse beland het.

Vir haar spel in Nurse Betty (2000) het sy ’n Golden Globe-prys vir beste aktrise in ’n komedie gekry en kort daarna haar ikoniese rol losgeslaan – Bridget Jones in Bridget Jones’ Diary (2001). Hoewel Zellweger nie ’n Oscar vir haar trefferspel hierin ontvang het nie, het sy die rol dermate haar eie gemaak dat nog twee flieks oor die karakter gemaak is. Bridget Jones is inderdaad die eerste waaraan ’n mens dink as jy die naam Renée Zellweger hoor.

Sy is wel vir ’n Oscar benoem, soos ook vir haar spel in Chicago (2002), maar dit was Ruby Thewes in Cold Mountain (2003) wat aan haar ’n eerste Oscar besorg het, as byspeler.

Hoëprofiel-flieks het gevolg, onder meer Miss Potter (2006) waarin sy die bekende kinderboekskrywer Beatrix Potter vertolk het en Leatherheads (2008) waarna sy ses jaar lank doelbewus uit die bedryf getree het.

Kenners en joernaliste meen die beoordelaars het ’n voorliefde vir die uitbeeld van geskiedkundige figure soos Winston Churchill (Gary Oldman), Abraham Lincoln (Daniel Day-Lewis) en Edith Piaf deur Marion Cotillard in La Vie en Rose.

Met haar terugkeer het sy in Same Kind of Different as Me (2017) en ’n Netflix-reeks What/If gespeel voordat sy die groot vis kon inkatrol. Judy is in September en Oktober in die VSA en Brittanje uitgereik en die hoogste lof toegeswaai.

Kenners en joernaliste meen die beoordelaars het ’n voorliefde vir die uitbeeld van geskiedkundige figure soos Winston Churchill (Gary Oldman), Abraham Lincoln (Daniel Day-Lewis) en Edith Piaf deur Marion Cotillard in La Vie en Rose.

Dalk is die keuse van rol, puik spel en die beoordelaars se voorkeur die wenkombinasie wat vir Zellweger die gesogte Oscar as beste aktrise besorg. – Bronne: Imdb, History stories, The Guardian, LA Times. Saamgestel deur Elretha Britz.

Meer oor:  Renee Zwellweger  |  Judy  |  Oscar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.