Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Oscars dié jaar in talle blink mense se hande
Brad Pitt Foto: Getty Images

Die eerste aanbieders vir vanjaar se Oscaraand op 25 April is bekend gemaak.

Hulle is onder andere die akteurs Harrison Ford, Brad Pitt, Joaquin Phoenix, Laura Dern, Renée Zellweger, Angela Bassett, Halle Berry, asook die regisseur van verlede jaar se groot Oscarwenner, Parasite, Bong Joen Ho.

Soos gebruiklik gaan die vier wenners van verlede jaar se goue beeldjies die Oscars aan vanjaar se wenners oorhandig. Phoenix het die prys as beste akteur gewen vir Joker, en Zellweger was beste aktrise vir Judy. Die Oscars vir beste byspelers is gewen deur Pitt vir Once Upon a Time in Hollywood en Dern vir Marriage Story. Nog aanbieders sal later bekend gemaak word. Dit blyk dat daar soos die afgelope twee jaar nie ’n gasheer of -vrou gaan wees nie, maar talle aanbieders.

Laura Dern Foto: Getty Images

Die Oscars word weens Covid-19 vanuit twee plekke aangebied – die Union Station in Los Angeles en die gebruiklike venue, die spoggerige Dolby-teater in Hollywood.

Die vervaardigers van vanjaar se Oscarseremonie is die regisseur Jesse Collins, die vervaardiger Stacey Sher en die regisseur Steven Soderbergh. Luidens ’n verklaring gaan die aand soos ’n rolprent afspeel en volgens Indiewire meen die drie dat mense sonbrille sal moet opsit danksy al die skitterblink sterre in die vertrek.

Die rolprent Mank is voor in die koor met tien Oscar-benoemings, terwyl die prente The Father, Judas and the Black Messiah, Minari, Nomadland, Sound of Metal en The Trial of the Chicago 7, elk ses benoemings ontvang het.

Volg die bedrywighede op DStv-kanaal 124 vanaf 23:00 op Sondagaand 25 April. Die Oscarseremonie begin om 01:30 op 26 April (Maandagoggend).

Meer oor:  Laura Dern  |  Brad Pitt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.