Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Oscars: ‘Joker’ (weer) 11 keer benoem
Joaquin Phoenix het rede om te glimlag nadat hy ’n Oscar-benoeming as beste akteur vir sy hoofrol in Joker gekry het. Foto: Warner Bros. Pictures / www.vox.com

Die Academy of Motion Picture Arts and Sciences, wat jaarliks die gesogte Oscars uitdeel, het die Britse Baftas geëggo en óók die sielkundige riller Joker 11 keer benoem.

Die akteur Joaquin Phoenix het die vierde Oscar-benoeming in sy loopbaan vir sy rol as die bose Joker losgeslaan – en beroepswedders sal waarskynlik reusebedrae geld wed dat hy uiteindelik die goue beeldjie vir dié rol sal wen.

Die rolprent se skrywer-regisseur, Todd Phillips, is drie keer benoem as skrywer, regisseur én vervaardiger (beste rolprent), terwyl die rolprent ook in die kategorieë beste kinematografie, beste kostuumontwerp, beste redigering, beste grimering en haarstilering, beste oorspronklike klankbaan, beste klankredigering en beste klankvermenging benoem is.

Hoewel Joker op vanjaar se Oscar-toekenningsgeleentheid met die meeste benoemings spog, gaan dit weens strawwe kompetisie die wind van voor kry: Die rolprente 1917, Once Upon a Time . . . in Hollywood en The Irishman is elk tien keer benoem en sal ook sterk aanspraak maak op die meeste van die pryse wat Joker hoop om huis toe te neem.

Jojo Rabbit, Greta Gerwig se Little Women, die Netflix-drama Marriage Story én die Suid-Koreaanse rolprent Parasite, wat moontlik as beste internasionale rolprent bekroon kan word, is elk ses keer benoem.

Renée Zellweger is in die skoene van Judy Garland en die gunsteling om die Oscar vir beste aktrise te wen. Foto: LD Entertainment / Pathé / www.bustle.com
Die byna onherkenbare Charlize Theron in Bombshell. Foto: Lionsgate / wwwonenewspage.com

Suid-Afrika se vlag wapper ook hoog nadat Charlize Theron as beste aktrise vir haar rol in Bombshell benoem is. Sy sal waarskynlik die knie moet buig voor Renée Zellweger, wat danksy haar hoofrol in Judy onstuitbaar is en moeilik sal wees om te klop.

Die 92ste Academy Awards word op 10 Februarie (vroeg Suid-Afrikaanse tyd) oudergewoonte weer in die Dolby-teater in Los Angeles aangebied.

Hier is die volledige benoemingslys:

Beste rolprent

  • 1917
  • Ford v Ferrari
  • Jojo Rabbit
  • Joker
  • Little Women
  • Marriage Story
  • Once Upon a Time . . . in Hollywood
  • Parasite
  • The Irishman

Beste aktrise in ’n hoofrol

  • Charlize Theron (Bombshell)
  • Cynthia Erivo (Harriet)
  • Renée Zellweger (Judy)
  • Saoirse Ronan (Little Women)
  • Scarlett Johansson (Marriage Story)

Beste akteur in ’n hoofrol

  • Adam Driver (Marriage Story)
  • Antonio Banderas (Pain and Glory)
  • Joaquin Phoenix (Joker)
  • Jonathan Pryce (The Two Popes)
  • Leonardo DiCaprio (Once Upon a Time . . . in Hollywood)

Beste aktrise in ’n ondersteunende rol

  • Florence Pugh (Little Women)
  • Kathy Bates (Richard Jewell)
  • Laura Dern (Marriage Story)
  • Margot Robbie (Bombshell)
  • Scarlett Johansson (Jojo Rabbit)

Beste akteur in ’n ondersteunende rol

  • Al Pacino (The Irishman)
  • Anthony Hopkins (The Two Popes)
  • Brad Pitt (Once Upon a Time . . . in Hollywood)
  • Joe Pesci (The Irishman)
  • Tom Hanks (A Beautiful Day in the Neighborhood)

Beste animasierolprent

  • How to Train Your Dragon: The Hidden World
  • I Lost My Body
  • Klaus
  • Missing Link
  • Toy Story 4

Beste kinematografie

  • 1917
  • Joker
  • Once Upon a Time . . . in Hollywood
  • The Irishman
  • The Lighthouse

Beste kostuumontwerp

  • Jojo Rabbit
  • Joker
  • Little Women
  • Once Upon a Time . . . in Hollywood
  • The Irishman

Beste regisseur:

  • Bong Joon-ho (Parasite)
  • Martin Scorsese (The Irishman)
  • Quentin Tarantino (Once Upon a Time . . . in Hollywood)
  • Sam Mendes (1917)
  • Todd Phillips (Joker)

Beste dokumentêr (vollengte)

  • American Factory
  • For Sama
  • Honeyland
  • The Cave
  • The Edge of Democracy

Beste dokumentêr (kortrolprent)

  • In the Absence
  • Learning to Skateboard in a Warzone (If You’re a Girl)
  • Life Overtakes Me
  • St. Louis Superman
  • Walk Run Cha-Cha

Beste redigering

  • Ford v Ferrari
  • Jojo Rabbit
  • Joker
  • Parasite
  • The Irishman

Beste internasionale rolprent

  • Corpus Christi (Pole)
  • Honeyland (Noord-Masedonië)
  • Les Misérables (Frankryk)
  • Pain and Glory (Spanje)
  • Parasite (Suid-Korea)

Beste grimering en haarstilering

  • 1917
  • Bombshell
  • Joker
  • Judy
  • Maleficent: Mistress of Evil

Beste oorspronklike klankbaan

  • Alexandre Desplat (Little Women)
  • Hildur Guðnadóttir (Joker)
  • John Williams (Star Wars: The Rise of Skywalker)
  • Randy Newman (Marriage Story)
  • Thomas Newman (1917)

Beste oorspronklike lied

  • “(I’m Gonna) Love Me Again” (Elton John en Bernie Taupinc, Rocketman)
  • “I Can’t Let You Throw Yourself Away” (Randy Newman, Toy Story 4)
  • “I’m Standing with You” (Diane Warren, Breakthrough)
  • “Into the Unknown” (Kristen Anderson-Lopez en Robert Lopez, Frozen II)
  • “Stand Up” (Joshuah Brian Campbell en Cynthia Erivo, Harriet)

Beste produksie-ontwerp

  • 1917
  • Jojo Rabbit
  • Once Upon a Time . . . in Hollywood
  • Parasite
  • The Irishman

Beste kortrolprent (animasie)

  • Dcera (Daughter)
  • Hair Love
  • Kitbull
  • Memorable
  • Sister

Beste kortrolprent

  • A Sister
  • Brotherhood
  • Nefta Football Club
  • Saria
  • The Neighbours’ Window

Beste klankredigering

  • 1917
  • Ford v. Ferrari
  • Joker
  • Once Upon a Time . . . in Hollywood
  • Star Wars: The Rise of Skywalker

Beste klankvermenging

  • 1917
  • Ad Astra
  • Ford v. Ferrari
  • Joker
  • Once Upon a Time . . . in Hollywood

Beste visuele effekte

  • 1917
  • Avengers: Endgame
  • Star Wars: The Rise of Skywalker
  • The Irishman
  • The Lion King

Beste verwerkte draaiboek

  • Anthony McCarten (The Two Popes)
  • Greta Gerwig (Little Women)
  • Steven Zaillian (The Irishman)
  • Taika Waititi (Jojo Rabbit)
  • Todd Phillips en Scott Silver (Joker)

Beste oorspronklike draaiboek

  • Bong Joon-ho en Han Jin-won (Parasite)
  • Noah Baumbach (Marriage Story)
  • Quentin Tarantino (Once Upon a Time . . . in Hollywood)
  • Rian Johnson (Knives Out)
  • Sam Mendes en Krysty Wilson-Cairns (1917)
Meer oor:  Renee Zellweger  |  Oscars  |  Charlize Theron  |  Judy  |  Joaquin Phoenix  |  Flieks  |  Joker  |  Bombshell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.