Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Pavarotti sing gratis vir jou by die huis

Die operakenner Daniel Derck­sen laat weet dat ’n reeks top-operas gratis gestroom kan word op die internet.

Die Metropolitan Opera het in die verlede verskeie operas aangebied waaraan operaliefhebbers hulle kon verlustig.

Mense wat dus van opera hou, kon hulle verbeel hulle sak in die sagte stoele van die Met weg om na wêreldstandaard-operaproduksies te kyk wat jy sekerlik nie maklik weer sal sien nie. En dit is hierdie ervaring wat hier nageboots word.

Volgens die Met se webtuiste (www.metopera.org) is Puccini tot môre in die kollig.

Maar die volledige program sluit in van die Met se beste en mees luisterryke produksies wat verfilm is met van die wêreld se grootste en bekendste operasangers.

Produksies wat baie aandag getrek het, sluit in Puccini se Manon Lescaut, Tosca en La bo­hème. Maar as jy nou eers van die webwerf bewus geraak het, Giacomo Puccini se Turandot word vandag aangebied met die bekende en geliefde aria “Nessun dorma”.

Die gevierde rolprentregisseur, maar natuurlik ook operaregisseur en -liefhebber, Franco Zeffirelli, het die regie van dié stuk behartig. Sy produksie is deur resensente beskryf as een van die Met se beste produksies.

Maar hierdie kolom gee slegs ’n beperkte aanduiding van die gehalte operas en produksies waarna jy nog tot 25 Julie kan kyk. Selfs uit die argiewe kan jy ook vreugde put uit Pavarotti se bekendste optredes by die Met en jou verwonder aan daardie stem.

Meer oor:  Op Die Tv-Verhoog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.