Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Pixar maak deure oop met gay hoofkarakter

Pixar, ’n ateljee wat deur die animasiereus The Walt Disney Company besit word, het vir die eerste keer in Disney-geskiedenis ’n rolprent vervaardig met ’n gay hoofkarakter.

Die kortrolprent Out, wat Vrydag op die stromingsdiens Disney+ uitgereik is, bevat ook een van ’n handvol voorbeelde van ’n selfdegeslagpaartjie wat in ’n Disney-rolprent of -reeks mekaar soen.

Volgens The New York Times vertel die rolprent in sowat nege minute die verhaal van ’n man, Greg, wat besig is om al sy besittings in sy huis op te pak sodat hy by sy kêrel, Manuel, kan intrek.

Terwyl hy pak, daag sy ouers onverwags by sy huis op en moet hy vinnig spring om ’n foto van hom en Manuel weg te steek omdat hy nog nie vir sy ouers gesê het hy is gay nie.

Die saak word egter bemoeilik wanneer Greg en sy hond weens ’n tikkie Disney-magic liggame omruil – en Greg in sy hond se lyf moet keer dat sy ouers op die foto afkom.

Volgens fliekgangers wat die rolprent gesien en hul reaksie op Twitter met die hutsmerk #PixarOut gedeel het, laat die kortrolprent se einde glo die trane rol . . .

Out volg net ’n paar maande ná die uitreiking van die vollengterolprent Onward, waarin Pixar en Disney se eerste openlike LGBTQ-karakter, die sikloop Officer Specter, verskyn. Die vervaardigers van dié rolprent is egter gekritiseer omdat die karakter net vir ’n minuut of twee in die rolprent verskyn – en dit die soveelste voorbeeld is van die animasiereus wat weier om ’n soeklig op LGBTQ-karakters te plaas.

Suid-Afrikaners wat hoop om Out te kyk gaan waarskynlik nog lank moet wag: Disney+ is nog nie hier beskikbaar nie.

Jared Stokes, woordvoerder van Disney se Afrika-vleuel in Johannesburg, het Dinsdag aan Netwerk24 gesê daar is nog geen aanduiding van wanneer Disney+ hier beskikbaar sal wees nie.

  • Saamgestel deur Christiaan Boonzaier met bykomende bronne: Los Angeles Times, Screen Rant, CNN
Meer oor:  Fliek  |  Disney  |  Gay  |  Pixar  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.