Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Polio-slagoffer styg bo sy lot uit

Breathe

Drama

****

Claire Foy en Andrew Garfield as die Cavendish-egpaar in Breathe.

Dit verg buitengewone waagmoed en ’n hoogs ontwikkelde graad van sensitiwiteit van ’n regisseur en draaiboekskrywer om deurgaans die regte toon aan te slaan wanneer tragiese gebeurtenisse hulle afspeel.

Om na ’n redelik onlangse voorbeeld van so ’n rolprent te verwys, pas The Theory of Everything, wat handel oor die legendariese Britse astrofisikus Stephen Hawking, perfek in die prentjie.

Hawking ly steeds aan motorneuronsiekte, maar in Eddie Redmayne se Oscar-wenner- vertolking en die regisseur ­James Marsh se koelkop benadering het hy volledig mens geword.

Breathe betree ’n soortgelyke speelveld en is eweneens gegrond op ware gebeurtenisse: Robin Cavendish (Andrew
Garfield) was ’n sakeman in
die teebedryf wat op 28, ná ’n besoek aan Afrika, ’n aggressiewe vorm van polio opgedoen het.

Hy was aan ’n siekbed en rolstoel gekluister, maar sy wilskrag en die ondersteuning van sy vrou, Diana (Claire Foy), plaas Breathe bepaald in ’n meer optimistiese raamwerk as die fliek oor Hawking.

Hier het ons te doen met ’n prille liefdesverhaal in ’n landelike Britse omgewing waarin die jong egpaar daarin slaag om bo hul lot uit te styg en ander slagoffers van Robin se siekte (tot selfs in Duitsland) by te staan.

Wat tot die outentisiteit van Breathe bydra, is dat Jonathan Cavendish, die egpaar se seun, die produksieleier van die fliek was.

Dat dit die hartsnare roer, hoef niemand te betwyfel nie, maar emosies word nooit kunsmatig gemanipuleer nie. Inteendeel: Dit is ’n volledige ervaring van die realiteit van hierdie dodelike siekte in die vroeë 1960’s, met nog slegs sprankies van hoop dat dit dalk oorwin kan word – wat nie heeltemal die geval was by Cavendish
nie.

Andy Serkis maak hiermee sy regisseursdebuut ná ’n loopbaan as akteur in reekse soos The Lord of the Rings en die jongste Planet of the Apes-trilogie. Dit is opvallend hoe geïntegreerd hy die rolle van die hoof- en byspelers laat uitstaan.

Meer oor die afstootlikheid daarvan sou Breathe omvangryker gemaak het.

Claire Foy is ongetwyfeld sentraal as Diana. Sy straal ’n merkwaardige gevoel vir haar karakter se optimistiese gevoelens uit, maar slaag ook daarin om haar sporadiese pessimistiese buie duidelik te vestig en te deurgrond.

Andrew Garfield het as Robin vanselfsprekend min beweegruimte, maar doen alles in sy vermoë om sy persoonlikheid deur middel van sy fenomenale gesigspel te laat lewe.

Hy het die groot belofte wat hy reeds in rolprente soos Martin Scorsese se Silence en Mel Gibson se Hacksaw Ridge getoon het intussen waar gemaak.

William Nicholson se draaiboek is nie foutloos nie, maar die enigste beswaar wat gewig dra, is dat hy die diepste menslike pyn nie altyd met die no­dige gewig uitdra nie.

Meer oor die afstootlikheid daarvan sou Breathe omvangryker gemaak het.

Gelukkig lei die verhaal wel na ’n kragtige hoogtepunt wat met integriteit hanteer is.

117 minute. 7-9 OL.

Meer oor:  Fliek  |  Drama  |  Polio  |  Slagoffer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.