Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Poppe dans tussen moord en komedie
Isabelle Huppert en Gaspard Ulliel in Eva.

In die erotiese Franse drama Eva beland die hoofkarakter, vertolk deur Isabelle Huppert, in Bertrand (Gaspard Ulliel) se lewe. Bertrand, ’n belowende skrywer, ontwikkel mettertyd ’n obsessie met haar.

Die ander spelers sluit in Julia Roy, Marc Barbé, Richard Berry, Didier Flamand, Ellen Mires en Nathalie Charade.

Benoît Jacquot is die regisseur.

In die regisseur Gerard McMurray se fliek The First Purge voer die groep New Founding Fathers of America (NFFA) ’n toets uit rakende ’n sosiologiese teorie wat aggressie in ’n geïsoleerde gemeenskap vir een aand meebring.

Melissa McCarthy vertolk die hoofrol in The Happytime Murders, ’n komedie vervleg met misdaad en fantasie wat in ’n wêreld afspeel waar mense en poppe saamleef, hoewel die poppe as minderwaardig geag word. Wanneer die poppe van ’n kinderprogram uit die 1990’s een vir een vermoor word, begin ’n gewese polisiepop die saak ondersoek.

Die ander spelers sluit in Bill Barretta, Maya Rudolph, Joel McHale, Leslie David Baker en Elizabeth Banks.

Brian Henson is die regisseur. Dit het ’n ouderdomsbeperking van 18.

In die regisseur Genndy Tartakovsky se animasierolprent Hotel Transylvania 3: A Monster Vacation onderneem die monsters ’n vakansie op ’n luukse monsterbootvaart. Op die reis geniet hulle alles wat die skip hulle bied, van monstervlugbal tot eksotiese uitstappies. Die droomvakansie ontaard egter in ’n nagmerrie wanneer Mavis agterkom dat Drac swig voor die geheimsinnige skeepskaptein, Ericka. Sy het op haar beurt ’n groot geheim wat tragiese gevolge vir alle monsters inhou.

Adam Sandler, Andy Samberg, Selena Gomez, Kevin James, David Spade, Steve Buscemi, Keegan-Michael Key, Molly Shannon en Fran Drescher se stemme word onder andere gebruik.

Die Suid-Afrikaanse fliek Looking for Love vertel van die 38-jarige Buyi wat maar net nie tot ruste wil kom nie.

Nadat sy ’n dronkvoorval op haar suster se troue gehad het, is haar ouers bekommerd dat sy haar lewe vermors en hulle dring daarop aan dat sy moet ophou om met haar kop in die wolke te loop. Sy moet liewer daarop fokus om ’n goeie man te kry en tot ruste kom. Haar vriendin Lindi help haar om ’n man in die “eksklusiewe mark” te soek.

Celeste Ntuli, Trevor Gumbi en Phindile Gwala is van die spelers. Die Nigeries gebore Adze Ugah is die regisseur.

Meer oor:  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.