Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Poppie’ maak skoonskip by Silwerskermfees

Christiaan Olwagen se rolprent Poppie Nongena is Saterdagaand met 12 Silwerskerm-pryse vereer. Dit is die meeste pryse wat enige rolprent vanjaar by die fees kon inpalm.

Die pryse is in The Bay-hotel in Kampsbaai oorhandig met die afsluiting van die negende Silwerskermfees van kykNET.

Olwagen se rolprentverwerking van Elsa Joubert se roman Die swerfjare van Poppie Nongena is aangewys as die beste speelfilm op die fees, Olwagen is die beste regisseur en die prent het ook pryse gewen vir die draaiboek (Olwagen en Saartjie Botha), Clementine Mosimane is die beste aktrise en Chris Gxalaba beste manlike byspeler, Nomsa Nene, wat destyds Poppie gespeel het in die verhoogweergawe, is as beste vroulike byspeler aangewys en die ensemble is ook vereer.

Die prent is ook vereer in die kategorieë vir tegniese versorging; redigering (Eva du Preez), kinematografie (Vicci Turpin), grimering en haarstilering (Gale Shepherd), kostuumontwerp (Sylvia van Heerden) en klankontwerp (James Olivier, Richard West en Simon Ratcliffe). Die ensemble is ook as beste ensemble uitgesonder.

Rolanda Marais en Clementine Mosimane in ’n toneel uit Poppie Nongena. Foto: Verskaf

Die rolprente Toorbos, Flatland en Griekwastad het geen pryse gekry nie.

Die verhaal van Racheltjie de Beer is uitgesonder vir produksie-ontwerp (Chantel Carter) en Stian Bam is die beste akteur vir sy vertolking van Racheltjie se pa.

Fiela se kind het die beste klankbaan (Kyle Sheperd).

Uitblinkers onder die kortprente is Oedipus: Die Musical – ’n dokumentêr wat vyf pryse gekry het. Dit handel oor ’n dokumentêre rolprent oor ’n musiekspel onder regie van ’n Nederlandse regisseur wat in 1979 lelik skeefgeloop het in die ou Nico Malan-teater in Kaapstad.

Benewens beste kortprent is die regisseur Stefan Benadé vereer, Ludwig Binge is as beste byspeler gekroon, en die redigering (Canya Cruywagen) asook grimering en haar-stilering (Charné Burger) is uitgesonder.

Luan Jacobs is vereer vir sy draaiboek en spel as beste akteur in die kortprent Hoe om ’n perd te teken.

Ander wenners in die kategorie vir kortprente is:

  • Ansu Visser is vereer as beste aktrise in Binnelandse sake;
  • Ilse Oppelt as beste vroulike byspeler in Janneman;
  • Beste produksie-ontwerp (Idelette Jordaan en Nadine Minnaar) asook kinematografie (Janhendrik Burger) vir My Gelykenis;
  • Juanita Ferreira se kostuumontwerp van Die begrafnis is raakgesien en die klankontwerp van Binnelandse sake (Wesley Ayliffe) is uitgesonder.
  • Die wen-webreeks is Deur die Blare.
Meer oor:  Silwerskerm19  |  Silwerskermfees  |  Vermaak  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.