Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Poppie’-roman heruitgereik – en hier’s die fliek se lokprent!

Die eerste lokprent van Christiaan Olwagen se lang verwagte en bekroonde rolprent Poppie Nongena, wat op 31 Januarie 2020 landwyd uitgereik word, is pas aanlyn vrygestel.

Die lokprentvrystelling val saam met die nuus dat die roman waarop die rolprent gegrond is, Elsa Joubert se Die swerfjare van Poppie Nongena, in Afrikaans en Engels heruitgereik is en vanaf 15 Oktober vanjaar beskikbaar sal wees.

Daarby het Helena Spring, vervaardiger van die rolprent, haar in ’n mediaverklaring sterk uitgespreek oor geslagsgeweld in Suid-Afrika en aangekondig sy sal ’n gedeelte van die wins aan liefdadigheid skenk.

“In die gees van Poppie Nongena, wat enigiets sou doen om die stabiliteit van haar gesin te beskerm, moet Suid-Afrikaners ’n einde maak aan geslagsgeweld in ons land,” sê Spring in die verklaring.

“Ons het ingrypende veranderinge nodig om die gety te draai sodat vroue en kinders in hierdie land beskerm sal word. Ek gaan daarom 10% van die vervaardiger se wins uit die rolprent aan organisasies skenk wat geslagsgeweld in Suid-Afrika probeer bekamp.”

Clementine Mosimane vertolk die titelrol in Poppie Nongena. Foto: Melanie Cleary
Anna-Mart van der Merwe vertolk die rol van Antoinette Swanepoel in Poppie Nongena. Foto: Melanie Cleary

Die rolprent speel in die apartheidsera in Kaapstad af en fokus op Poppie Nongena, ’n Afrikaanssprekende Xhosa-vrou en ma, se stryd teen apartheidswetgewing. Wanneer haar man, Stone (Chris Gxalaba), siek word, word sy as ’n onwettige immigrant in haar geboorteland beskou en word sy deur hervestiging in ’n tuisland in die gesig gestaar.

Olwagen se eindproduk is met 12 pryse by die afgelope kykNET-Silwerskermfees bekroon, onder meer vir die beste speelfilm, beste regisseur (Olwagen), beste draaiboek (Olwagen en Saartjie Botha) en beste aktrise vir Clementine Mosimane, wat die titelrol vertolk.

Die res van die rolverdeling sluit onder andere Anna-Mart van der Merwe, Rolanda Marais, Dawid Minnaar, Lida Botha, Nicole Holm en Nomsa Nene in, wat in die 1980’s die rol van Poppie in die oorspronklike verhoogproduksie vertolk het.

Meer oor:  Flieks  |  Christiaan Olwagen  |  Poppie Nongena  |  Elsa Joubert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.