Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Puik teater-rolprente by Fugard in 2019

Die nuwe jaar begin op ’n hoë noot in die Fugard-teater se reeks rolprente waarin die beste van opera, ballet en teater op die silwerdoek gesien kan word.

Die Britse dramaturg Alan Bennett se drama The Madness of George III word op Sondag 16 Januarie vertoon. Die stuk is in die Nottingham Playhouse vir dié National Theatre Live-uitreiking verfilm. Die Burger se resensent Paul Boekkooi het vier sterre in sy resensie aan die produksie toegeken.

Mark Gatiss as George III in The Madness of George III.

Hy beskryf die akteur Mark Gatiss se vertolking as “ ’n kragtoer in spraak, liggaamspel en psigologiese omvattendheid”.

In Februarie volg Franse flair met ’n reeks komedies van Comédie-Française, een van Frankryk se mees gerespekteerde teaters en tuiste van Molière se historiese teatergroep.

Die vertonings begin Sondae om 10:00 in die teater en kaartjies kan direk by die loket bespreek word by 021 461 4554 of aanlyn by www.thefugard.comdrinks.

Die volgende sal in die nuwe jaar gesien kan word:

13 Januarie: La Sylphide van die Bolsjoi-ballet

16 Januarie: The Madness of George III van National Theatre Live

27 Januarie: The Merry Wives of Windsor (Royal Shakespeare Company)

3 Februarie: The Misanthrope (Comédie-Française)

10 February: Scapin the Schemer (Comédie-Française)

17 February: The Fop Reformed (Comédie-Française)

24 Februarie: The Queen of Spades (The Royal Opera House).

Die skedule kan verander. Vir meer inligting besoek www.thefugard.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.