Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Hier is al die Oscar-wenners!

Hollywood se spoggerigste glansaand het uiteindelik aangebreek.

Oscars
Foto: Getty Images

Die 93ste Oscar-toekenningsplegtigheid is Maandagoggend vanuit Union Station in Los Angeles uitgedeel.

Die rolprent Nomadland het met drie Oscars, twee daarvan aan die vervaardiger an aktrise Frances McDormand, die meeste pryse gewen.

Ses ander rolprente – The Father, Judas and the Black Messiah, Ma Rainey’s Black Bottom, Sound of Metal, Soul en Mank – het elk twee Oscars gewen.

Suid-Afrika se My Octopus Teacher het vermoedelik die eerste dokumentêr vanuit Afrika geword om die Oscar vir beste dokumentêr (vollengte) te wen.

Hier is die volledige lys van wenners in die volgorde wat dit op die aand aangekondig is:

  • Beste oorspronklike draaiboek: Emerald Fennell (Promising Young Woman)
  • Beste verwerkte draaiboek: Christopher Hampton en Florian Zeller (The Father)
  • Beste internasionale rolprent: Another Round (Denemarke)
  • Beste byspeler: Daniel Kaluuya (Judas and the Black Messiah)
  • Beste grimering en haarstilering: Sergio Lopez-Rivera, Mia Neal en Jamika Wilson (Ma Rainey's Black Bottom)
  • Beste kostuumontwerp: Ann Roth (Ma Rainey's Black Bottom)
  • Beste regisseur: Chloé Zhao (Nomadland)
  • Beste klank: Jaime Baksht, Nicolas Becker, Philip Bladh, Carlos Cortés en Michelle Couttolenc (Sound of Metal)
  • Beste kortprent: Two Distant Strangers
  • Beste kortprent (animasie): If Anything Happens I Love You
  • Beste animasierolprent: Soul
  • Beste dokumentêr (kortprent): Colette
  • Beste dokumentêr (vollengte): My Octopus Teacher
  • Beste visuele effekte: Scott R. Fisher, Andrew Jackson, David Lee en Andrew Lockley (Tenet)
  • Beste byspeelster: Youn Yuh-jung (Minari)
  • Beste produksie-ontwerp: Donald Graham Burt en Jan Pascale (Mank)
  • Beste kinematografie: Erik Messerschmidt (Mank)
  • Beste redigering: Mikkel E.G. Nielsen (Sound of Metal)
  • Beste oorspronklike klankbaan: Trent Reznor, Atticus Ross en Jon Batiste (Soul)
  • Beste oorspronklike liedjie: D'Mile, H.E.R. en Tiara Thomas vir die liedjie "Fight for You" (Judas and the Black Messiah)
  • Beste rolprent: Nomadland
  • Beste aktrise: Frances McDormand (Nomadland)
  • Beste akteur: Anthony Hopkins (The Father)
26 Apr. 05:43:11

Daarmee is die aand (wel, dit is nou amptelik oggend) se verrigtinge klaar. Hou Netwerk24 dop vir 'n opvolg oor al die wenners.

26 Apr. 05:40:08

Die EGOT-wenner (Emmy, Grammy, Oscar, Tony) Rita Moreno gaan die beste rolprent aankondig.

En die wenner is Nomadland! Nou is ses rolprente gelykop, hulle het elk twee Oscars gewen. Nou nog net die toekennings vir beste akteur en beste aktrise.

26 Apr. 05:37:16

Zendaya kondig die wenner van die beste oorspronklike liedjie aan. Die wenner is "Fight for You" deur D'Mile, H.E.R. en Tiara Thomas. Dit kom uit die rolprent Judas and the Black Messiah.

26 Apr. 05:33:10

Joaquin Phoenix het die Oscar vir beste akteur aangekondig en dit namens Anthony Hopkins (The Father) in ontvangs geneem.

Dit is eintlik 'n reuse-verrassing, want die ontslape Chadwick Boseman (Ma Rainey's Black Bottom) was die verwagte wenner. 

26 Apr. 05:14:38

McDormand het pas twee Oscars op een aand gewen -- en het nou vier Oscars in haar loopbaan gewen.

26 Apr. 05:13:10

Renée Zellweger gaan die prys vir beste aktrise oorhandig. En die wenner is... Frances McDormand (Nomadland).

26 Apr. 05:11:09

Nog net twee pryse oor: Joaquin Phoenix en Renée Zellweger, verlede jaar se wenners van beste akteur en beste aktrise, gaan binne die volgende paar minute hul opvolgers aanwys.

26 Apr. 05:08:44

Frances McDormand het as vervaardiger van Nomadland pas die derde Oscar van haar loopbaan gewen.

26 Apr. 04:55:19

Die huldeblyk-segment flits so vinnig verby, dit is onmoontlik om die name te lees.

26 Apr. 04:53:58

Angela Bassett bring hulde aan rolprentlui wat die afgelope jaar dood is, maar sy sê sy lig ook haar hoed vir die sowat 3 miljoen mense wêreldwyd wat teen 25 April weens die koronavirus dood is.

Meer oor:  Fliek  |  Academy Awards  |  Oscars  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.