Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Resensie: Paniek laai op in ‘Ter nagedagtenis’
Die plakkaat van ‘Ter nagedagtenis’.

Ter nagedagtenis is ’n spanningsprent in die ware sin van die woord. Dit is ’n bestiering dat dit ’n kort prent is, want jou senuwees gaan dit dalk net nie hou nie.

Dit speel dalk als in die hoofkarakter se kop af. ’n Vrou daag by haar huis op. Sy is duidelik bang. Daar pryk ’n geel lint aan haar hek. Wie het dit daar gesit? Dit blyk dat sy agtervolg word, in haar haas om in haar huis te kom vergeet sy die hek oop . . .

Sy sluit hekke en deure agter haar, trek vensters op knip, dan verdwyn goed en verskyn op ander plekke. Daar is baie diefwering en veiligheidshekke. Eintlik moet sy baie veilig voel, maar sy voel juis so onveilig?

Die kyker voel net so vasgevang soos die karakter vertolk deur Soné Rossouw, net so vasgepen deur die raaiselagtige gebeure.

Wat is hier aan die gang? Of liewer wat is werklik en wat is nie? Skort daar dalk iets met die arme vrou se geestestoestand? Is sy net erg paranoïes oor haar veiligheid? Dan besef jy, sy is jy, eintlik elke Suid-Afrikaner in mindere of meerdere mate. Met die daaglikse misdaadsyfers, die moord- en roofstatistieke, gru berigte in die media, gaan daar bykans nie ’n oomblik verby waar ook jy nie dink aan jou veiligheid nie.

Ter nagedagtenis is nie maklike kykstof nie. Greg Pettigrew hou die leisels vas – en skep vinnig spanning en ’n gevoel van angs. Dit verg kophou om als op sy spoor hier te hou, sonder om te gou skiet te gee. Rossouw hanteer haar karakter goed, aanvanklik met ’n ingehoue kontrole wat dan in volslae paniek ontaard. Sy het ook die draaiboek geskryf.

Die titel voorspel dalk niks goeds nie, maar as jou senuwees nog sterk is, kyk dit.

Meer oor:  Fliek  |  Kortom  |  Spanning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.