Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Robin Williams se besittings onder hamer
Besittings van die ontslape akteur Robin Williams kom onder die hamer in New York in Oktober vanjaar.

Die akteur Robin Williams en sy vrou, die vervaardiger Marsha Garces Williams, se private versamelings en verskeie kunswerke gaan op 4 Oktober by die afslaer Sotheby’s in New York onder die hamer kom.

Die versameling onder die titel Creating a Stage: The Marsha and Robin Williams Collection sluit in gedenkitems uit die ster van die rolprent Mrs Doubtfire, wat in 2014 selfdood gepleeg het, se kleurryke loopbaan. Dit sluit in draaiboeke wat onderteken is, rekwisiete en kostuums soos die towerjas wat die akteur Daniel Radcliffe in Harry Potter and the Sorcerer’s Stone gedra het. Williams se Hollywood Walk of Fame-gedenkplaat wat hy op 12 Desember 1990 ontvang het, is ook te koop.

Onder die kunswerke tel eietydse kuns, onder meer ’n beeldhouwerk van Niki de Saint Phalle, straatkuns van die Britse kunstenaar Banksy en ’n beeldhouwerk van Deborah Butterfield wat tot R3 miljoen kan haal. Daar is ook ’n getekende eksemplaar van die Ierse dramaturg Samuel Beckett se Waiting for Godot (1952) wat na verwagting R33 000 kan haal, meer as 40 polshorlosies, fietse, meubels asook ander dekorartikels uit hul verskeie wonings.

Die opbrengs van die veiling gaan aan verskeie organisasies wat Garces Williams en Robin Williams ondersteun het soos die kunsskool Juilliard, die Wounded Warrior-projek asook die Challenged Athletes- en Christopher & Dana Reeve-stigting.

Garces Williams was Williams se tweede vrou. Hulle is in 2010 geskei.

Die veilingartikels gaan in Sotheby’s se York Avenue-galery vertoon word. Die uitstalling open op 29 September.

’n Aangrypende voorprent vir die verkoping toon grepe uit Williams se gewilde rolprente asook foto’s en video’s saam met sy kinders.

Meer oor:  Sotheby's  |  Veiling  |  Robin Williams  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.