SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Flieks
‘Roma’ en ‘The Favourite’ wen groot in Venesië
Olivie Colman het die prys ontvang vir beste aktrise in The Favourite. Foto: Getty Images

Roma, die semi-outobiografiese drama van die Mexikaanse fliekmaker Alfonso Cuarón oor sy kinderlewe in 1970’s in Mexikostad, het die Goue Leeu-prys by die jaarlikse Venesiese rolprentfees gewen.

Die Griekse regisseur Yorgos Lanthimos se The Favourite het die Jurie-prys gekry, terwyl Olivia Colman aangewys is as die beste aktrise vir haar rol as koningin Anne in dié prent wat in die 18de eeu afspeel.

Willem Dafoe is aangewys as beste akteur in die Amerikaanse kunstenaar en fliekmaker Julian Schnabel se At Eternity’s Gate, wat handel oor die laaste dae van die Nederlandse kunstenaar Vincent van Gogh. Joel en Ethan Coen het die prys vir die beste draaiboek gewen vir The Ballad of Buster Scruggs – ’n Western wat ses verskillende verhale vertel.

Yorgis Lanthimos ontvang die Jurie-prys vir The Favourite. Foto: Getty Images

Vanjaar se paneel is gelei deur Guillermo del Toro, wat verlede jaar met The Shape of Water die Goue Leeu gewen het, wat ook etlike Oscars gekry het.

Bronne: Indiewire & Irish Times

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.