Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
SA akteur gaan teenoor Tom Hanks speel
Neil Sandilands het ’n groot rol in ’n rolprent teenoor Tom Hanks losgeslaan.

Die Suid-Afrikaanse akteur Neil Sandilands het ’n rol in ’n rolprent met Tom Hanks in die hoofrol losgeslaan.

Sandilands sal onthou word vir sy rol as Bart in 7de Laan.

Die rolprent, News of the World, is 'n Western en speel af in die tydperk ná die Amerikaanse burgeroorlog. Hanks is ’n rondreisende nuusleser wat die dag se nuus na verskeie dorpe in Texas bring. Hy word ’n aansienlike bedrag betaal om ’n weeskind na haar oorblywende familie in San Antonio te neem. Onderweg raak die twee geheg aan mekaar en by haar familie aangekom moet sy karakter ’n besluit neem oor haar toekoms. Sandilands vertolk die rol van Wilhelm Leonberger, ’n familielid van die weeskind. Hy speel ook teenoor Helena Zengel.

Die regisseur is Paul Greengrass, ’n Engelse rolprentvervaardiger, wat bekend is om sy verwerkings van ware geskiedkundige gebeure. Hy is veral bekend om Bloody Sunday gegrond op die Ierse opstand in 1972 toe die polisie 28 ongewapende mense doodgeskiet het. Die rolprent het die Goue Beer by die Berlynse rolprentfees gewen. Greengrass het hy ook drie van die Jason Bourne-rolprente geregisseer. Sandilands het in 2017 ’n Amerikaanse burger geword, maar woon al sedert 2011 in Los Angeles. Hy was onlangs te sien in die vierde seisoen van die TV-reeks The Flash.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.