Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
SA animasierolprent in wedloop vir Emmy
Die nimlike drakie Zog in die animasierolprent Zog is vir ’n Emmy-toekenning benoem.

’n Suid-Afrikaanse animasierolprent oor ’n lomp drakie is in die wedloop om ’n Emmy-toekenning los te slaan.

Zog, wat in Kaapstad deur Triggerfish vir Brittanje se Magic Light Pictures geanimeer is, ding in Maart aanstaande jaar in Cannes in die kategorie vir beste animasierolprent vir kinders mee.

Die regisseurs is Max Lang bekend om The Gruffalo en Room on the Broom, asook die veelbekroonde Suid-Afrikaner Daniel Snaddon bekend om Stick Man.

In die kategorie ding Zog mee met Frankryk se Grizzy and the Lemmings, Jorel’s Brother van Brasilië en Lamput van Indië. Die wenner word op 31 Maart bekend gemaak.

Zog het reeds twee pryse gewen. Dit is as beste animasie bekroon op die internasionale televisiefees in Sjanghai en het die gehoortoekenning virr drie- tot sesjariges op die internasionale kinderrolprentfees in New York gewen.

Zog is ’n ywerige, dog lomp drakie wat in die drakeskool klasloop. Hy wil graag ’n goue ster kry terwyl hy leer vlieg, brul en vuur spoeg. Toe hy seerkry, plak ’n vriendelike meisietjie pleisters op en versorg hom, maar sal sy hom kan help om ’n prinses te kry?

Die kortprent is gegrond op Julia Donaldson en Axel Scheffler se geliefde kinderboek wat meer as 1,5 miljoen eksemplare verkoop het.

Die stemkuns is gedoen deur Hugh Skinner van Fleabag-faam wat die rol van Zog vertolk. Patsy Ferran is die meisie wat hom help, die ridder Sir Gadabout is Kit Harington, oftewel Jon Snow van Game of Thrones, en Tracey Ullman is Madame Dragon.

Zog is verlede jaar oor die Kerstyd op die BBC uitgesaai en het 8,8 miljoen kykers getrek en vyfster-resensies gekry. Dit is in Maart vanjaar op Kaapstad se internasionale animasiefees vertoon en in Augustus op Showmax.

Kykers kan ’n string rolprente wat deur Triggerfish vir Magic Light Pictures op Showmax geanimeer is, stroom. Dit sluit in Stick Man (2015), The Highway Rat (2017), die Oscar-benoemde Revolting Rhymes (2016), wat verlede jaar ’n Emmy gewen het, The Gruffalo (2009), Room on the Broom (2012) en The Gruffalo’s Child (2011).

Snaddon is die mederegisseur van die nuwe kinderfliek The Snail and the Whale, sy derde Kersproduksie vir die BBC wat ook ’n gesamentlike produksie tussen Triggerfish en Magic Light Pictures is. Dit is ook op ’n boek van Donaldson en Scheffler gegrond.

Zog en The River (wat vroeër as beste telenovella benoem is) kan tans op Showmax gestroom word.

 * Belangstellendes het tot 31 Oktober om hulle vir Triggerfish se tien-sekonde-animasie-kompetisie in te skryf. Die kompetisie word deur die Walt Disney-maatskappy, die Goethe-instituut en die Duitse departement van ekonomiese samewerking en ontwikkeling gesteun.

Die karakteranimasie moet tien sekondes lank wees en moet op Facebook geplaas word. Sit @triggerfishacademy by jou inskrywing. Daar is kategorieë vir 18 jaar en jonger en vir 19 tot 25 jaar.

’n Tekentablet is op die spel, asook ander kontantpryse. Meer besonderhede is by https://www.triggerfish.com/academy/competition/ beskikbaar.

.

Meer oor:  Triggerfish
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.