Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
SA fliek se wêreldpremière op Tuinroete-fees

Die wêreldpremière van ’n nuwe fliek deur die bekroonde Suid-Afrikaanse regisseur William Collinson word vanjaar op die Garden Route- Internasionale Rolprentfees van 21 September tot 11 Oktober gehou. Flieks word virtueel vertoon en daar is ook inryflieks in verskeie Suid-Kaapse dorpe.

Collinson is bekend om flieks soos Double Echo en Last Broken Darkness. Sy jongste fliek is Mr Johnson, wat handel oor ’n man wat wakker word nadat hy 47 jaar lank in ’n koma was.

Collinson se werk in die sepie Skeem saam en die flieks Die ballade van Robbie de Wee en Skemerson is almal benoem vir beste rolprentkuns op die Suid-Afrikaanse rolprent-en-televisiepryse. Hy is ook benoem vir beste rolprentkuns op die kykNET Silwerskermfees vir die Afrikaanse flieks Seun en Dis koue kos, Skat.

In 2017 het hy vir Last Broken Darkness die Visible Spectrum-prys vir die beste rolprentkuns (vir ’n fliek) van die South African Society of Cinematographers (SASC) ontvang. Hy het ook ’n Cannes Lion vir sy Wimpy Braille Burger-video gekry.

Mr Johnson, met die akteurs Paul Slabolepszy en Jana Cilliers, sal in 2021 uitgereik word, luidens ’n verklaring.

Vir meer inligting oor die fees besoek https://www.gardenrouteinternationalfilmfestival.com/index.php.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.