Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
SA goed verteenwoordig by FilmMart
René van Rooyen Foto: PaarlPost

Die jongste prente van 14 Suid-Afrikaanse rolprentmakers is onder die 31 projekte wat gekies is om op die Durban FilmMart vir befondsing en verspreiding mee te ding.

Die 11de Durban FilmMart (DFM) word vanjaar weens die Covid-19-pandemie virtueel aangebied van 4 tot 13 September.

230 projekte – dokumentêre prente en rolprente – is voorgelê vir vanjaar se FilmMart. Die projekte moet as voorwaarde een regisseur of vervaardiger van Afrika hê. Projekte van 13 lande is ingestuur insluitend Suid-Afrika, Egipte, Tunisië, Kaap Verde, Kenia, Mali, Mosambiek, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Morokko, Ethiopië, Soedan, Tsjad en Zimbabwe.

Onder die 14 regisseurs wat hul jongste prente gaan voorlê, is René van Rooyen van Toorbos-faam, Matthys Boshoff (Rageltjie deBeer), Uga L. Carlini (Allison), Sara

Matthys Boshoff

Blecher (Dis ek, Anna) en Kurt Oderson (Not in my Neighbourhood).

“Omdat ons vanjaar virtueel is, kon ons die spertyd vir voorleggings verder uitstel en nog 11 projekte byvoeg. Ons keur gewoonlik net 20,” het Toni Monty, hoof van die DFM gesê in ’n verklaring.

“Wat opwindend is van vanjaar is hoe die projekte aansluit by ons tema: Brave New Cinema. Die stories reflekteer relevante Afrosentriese temas oor ’n verskeidenheid van genres.”

Die regisseurs en vervaardigers van die 16 dokkies en 15 rolprente kry nou die geleentheid om ’n voorafopgeneemde pitch te rig aan ’n paneel van beleggers, agente, verspreiders, inhoudsredigeerders, uitsaaiers en programmeurs van feeste of uitsaaiers.

• Van Rooyen se Vrees is ’n distopiese prent wat in 2030 op ’n plaas in Suid-Afrika afspeel. Vraagstukke soos grondbesit en wit identiteit kom daarin aan bod.

• Blecher se naam is verbind aan ’n projek met die werkstitel A Can of Condensed Milk.

• Boshoff se prent is getiteld Vlees van my vlees.“Ek hoop om die prent voor te lê aan moontlike ko-produksievennote uit Europa, dan is daar verteenwoordigers van die Sundance-, Rotterdam- asook Berlynse- fees. Ek wil hulle graag bewus maak van die prent; ek sien DFM as die bou van netwerke, hoe meer mense van jou prent weet hoe beter,” het Boshoff gesê.

Die prent is ’n voortsetting van die kortprent wat in 2016 op die Silwerskermfees as beste kortprent vereer is. “Hierdie keer speel dit oor 35 jaar af. Ek ondersoek die verhouding tussen ’n paartjie van wie een ’n kwadrupleeg is. Ek kyk na die invloed van ’n motorongeluk wat die vrou verlam gelaat het en waarin ’n kind gesterf het.”

• Poppy Madela se dokkie, Man of God, ondersoek die lewe en geloof van drie transgender mans en ’n vrou, wat hul lewe voluit leef en so aanvaar word in hul kerk.

• Sara Gouveia van Mama Goema-faam se jongste dokkie is The House is Burning. Haar dokkie gegrond op Sindiwe Magona se Mother to Mother oor die moord op die Amerikaanse student Amy Biehl is binnekort op die dokkiefees Encounters te sien.

Ape Town van Oderson, Lamar Bonhomme se Over the Republic, Stellar Collison van Thishiwe Ziqubu, The Accident van Imran Hamdulay en The Weekend van Kenneth Gwele is die ander plaaslike rolprente wat aan DFM deelneem.

Verskeie paneelbesprekings, forums en die geleentheid om met ander rolprentlui te netwerk word ook moontlik gemaak. Registrasie het pas geopen. Besoek

www.durbanfilmmart.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.