Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
SA kortprent vereer op Franse filmfees
Die plakkaat vir die prent ’n Gewone blou Maandagoggend.

Kaapstad. – Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Naomi van Niekerk se kortprent ’n Gewone blou Maandagoggend is as die beste eerste rolprent aangewys op die pas afgelope Annecy- internasionale animasiefees in Frankryk.

Die prent, geskep uit die manipulasie van sand op ’n ligboks, is gegrond op die gedig van die Afrikaanse digter Ronelda Kamfer en het ’n klankbaan deur Arnaud van Vliet.

Dit is die eerste keer dat Afrikaanse animasierolprente by hierdie invloedryke en toonaangewende fees ingesluit is.

Meer as 85 lande neem deel en net 216 rolprente word vertoon.

Die prent is reeds op verskeie internasionale feeste vertoon.

Hierdie animasiefliek is een van 12 flieks wat deel vorm van Filmverse, ’n ATKV-produksie in ­samewerking met Diek Grobler.

Filmverse is in 2014 ­bekend gestel

Meer oor:  Frankryk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.