Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Saftas: Net Afrikaanse flieks as beste rolprent benoem

Die Afrikaanse rolprentbedryf het Vrydag sy staal gewys in die 14de Safta-benoemings deurdat net Afrikaanse flieks as beste rolprent benoem is. 

Die verhaal van Racheltjie de Beer, Fiela se kind en Poppie Nongena sê mekaar die stryd aan in die benoemings wat in die Mall of Africa noord van Johannesburg bekend gemaak is.  

Fiela se kind, deur die regisseur Brett Michael Innes, is met 11 benoemings die voorloper in die rolprentkategorie.

Rolanda Marais en Clementine Mosimane in Poppie Nongena.

Dié pryse deur die Nasionale Rolprent-en-video-stigting (NFVF) beloon jaarliks prestasie in televisie en rolprente.

Christiaan Olwagen en Innes is as beste regisseur vir onderskeidelik Poppie Nongena en Fiela se kind in ’n rolprent benoem.

Clementine Mosimane is benoem as beste aktrise in ’n rolprent vir haar hoofrol in Poppie Nongena.

Die telenovelle The River is met 15 benoemings die voorloper in die benoemings.

Soos Fiela se kind, het die sepie Isibaya en die tronkdrama Lockdown elkeen 11 benoemings opgeraap.

Die reeks The Republic het tien benoemings ontvang.

Die wenners in die kategorieë beste televisie-aanbieder en gewildste sepie word deur die publiek bepaal.

Die publiek kan van 17 Februarie tot 28 Maart stem.

Skakel *120*45884# op jou selfoon en volg die instruksies om te stem.

Een deelnemer staan ’n kans om brandstof van R4 000 per maand vir een jaar te wen.

Fiela se kind
Zenobia Kloppers in 'Fiela se kind'.

Die benoemings vir beste telelvisie-aanbieder

Thembisa Mdoda, 2 Families and a Wedding Dress (Code 1)

Anele Mdoda, Celebrity Game Night S1 (Code 2)

Graeme Richards, Expresso Morning Show (Code 3)

Entle Bizane, Hectic on 3 (Code 4)

Waldimar Pelser, KN Verslag in gesprek (Code 5)

Sthembiso Dliwayo, Mi Kasi Su Kasi (Code 6)

Emo Adams, Noot vir noot S44 (Code 7)

Masechaba Ndlovu, The Big Secret Season 2 (Code 8)

Christopher Jaftha, The Longest Date (Code 9)

Stem vir die gewildste sepie

Arendsvlei (Code 1)

Binnelanders (Code 2)

Getroud met rugby (Code 3)

Giyani – Land of Blood (Code 4)

Imbewu (Code 5)

Isibaya (Code 6)

iSipho the Gift (Code 7)

Isithembiso (Code 8)

Muvhango (Code 9)

Rhythm City (Code 10)

Scandal! (Code 11)

Suidooster (Code 12)

The River (Code 13)

The Throne (Code 14)

The Queen (Code 15)

Uzalo (Code 16)

Die toekenningsaand word op 28 Maart in die Sandton-konvensiesentrum gehou en word regstreeks op televisie uitgesaai. Die kanaal en tyd moet nog bevestig word.

Die benoemings

Televisie

Telenovelle

Beste regie in ’n telenovelle

Arendsvlei, Denny Miller, Roxanne Blaise, Mandilakhe Yengo en Darryl Fuchs

Isibaya, Yamakela Phiwokuhle Mkhanzi, Lehlogonolo Moropane en Sthembiso Mathenjwa

Isithembiso, Zeno Petersen, Itumeleng Mohlabane en Lufuno Nekhabambe

The River, Ferry Jele, Catharine Cooke, Zolani Phakade en Johnny Barbuzano

Die telenovelle The River het 15 Safta-benoemings ontvang.

Beste telenovelle

Arendsvlei

Isibaya

The River

Beste aktrise in ’n telenovelle

Crystal Donna Roberts, Arendsvlei

Leleti Khanyile, Imbewu

Sindi Dlathu, The River

Beste akteur in ’n telenovelle

Roberto Kyle Meyer, Arendsvlei

Hamilton Dlamini, Isithembiso

Presley Chweneyagae, The River

Beste vrouebyspeler in ’n telenovelle

Lerato Mvelase, Isibaya

Linda Sebezo, Isibaya

Mary-Anne Barlow, The River

Beste manlike byspeler in ’n telenovelle

Aubrey Poo, Isibaya

Lawrence Maleka, The River

Loyiso MacDonald, The Queen

Sepies

Beste regie in ’n sepie

Binnelanders, Danie Joubert

Rhythm City, Eric Mogale

Scandal!, Chris Beasley, Sanele Zulu,Tsakani Mongwe en Sphamandla Ngcobo

Beste sepie

Rhythm City

Scandal!

Suidooster

Beste aktrise in ’n sepie

Mapula Mafole, Rhythm City

Denise Newman, Suidooster

Baby Cele Maloka, Uzalo

Beste akteur in ’n sepie

Nathaniel Ramabulana, Muvhango

Jamie Bartlett, Rhythm City

Bongile Mantsai, Scandal!

Beste vrouebyspeler in ’n sepie

Xolile Tshabalala, Muvhango

Petronella Tshuma, Rhythm City

Kgomotso Christopher, Scandal!

Beste manlike byspeler in ’n sepie

Ben Kruger, Binnelanders

Mncedisi Shabangu, Rhythm City

Ivan Abrahams, Suidooster

Televisiedrama

Beste regie in ’n dramareeks

Dwaalster, Jaco Bouwer

Lockdown (reeks 4), Mandla Ngcongwane

The Republic, Johnny Barbuzano en Rea Rangaka

Beste televisiedrama

Lockdown (reeks 4)

Spreeus

The Republic

Beste aktrise in ’n dramareeks

Dawn King, Lockdown (reeks 4)

Zola Nombona, Lockdown (reeks 4)

Florence Masebe, The Republic

Beste akteur in ’n dramareeks

Wiseman Mncube, eHostela

Robert Hobbs, The Girl from St Agnes

Warren Masemola, The Republic

Beste vrouebyspeler in ’n televisiedrama

Brenda Ngxoli, iThemba

Lorcia Cooper, Lockdown (reeks 4)

Pamela Nomvete, Lockdown (reeks 4)

Beste manlike byspeler in ’n dramareeks

Deon Lotz , Die Byl 2

Hlomla Dandala, The Republic

Seputla Sebogodi, The Republic

Beste kinderprogram

Disney Cookabout

Hectic on 3

Jabu’s Jungle

Words and Numbers (reeks 9)

Beste kompetisiewerklikheidsreeks

Kokkedoor

Nedbank Ke Yona Team Search 2019

Ultimate Braai Master

Ultimate House Vibe

Beste struktuur of dokumentêr

Durban Beach Rescue (reeks 2)

Living The Dream With Somizi (reeks 4)

The Big Secret (reeks 2)

Robert Hobbs
Robert Hobbs in 'The Girl from St Agnes'. Foto: Patrick Toselli

Beste internasionale programformaat

Celebrity Game Night (reeks 1)

Survivor SA: Island of Secrets

YO! MTV RAPS (SA) (reeks 1)

Beste feitlike en opvoedingsprogram

Made in Africa: The Ties That Bind Us

Op Seer Se Spoor – episode 3 “Netta”

Yobe S2

Beste joernaalprogram (Current Affairs)

Carte Blanche (episode van 14 Julie 2019)

Dying for Diamonds

Work Hazards

Best Variety Show

Die ware naarheid

Gospel Classics

Mooi

Beste jeugprogram

MTV Shuga Down South 2

MTV Shuga Down South 2 – In Real Life

Teenagers on a Mission – Game Ranging

Emo Adams, aanbieder van Noot vir noot.

Beste vermaakprogram

Emo 30 jaar in musiek

Live Amp

Noot vir noot (reeks 4)

Beste leefstylprogram

Dit proe soos huis

Elders: Japan

Klankbord Season 1

Beste televisierolprent

Droomman

Stillenag

TIRO

Flieks

Beste kortfliek

Die Begrafnis

Joko Ya Hao

The Letter Reader

Beste regie in ’n dokumentêr

Buddha in Africa, Nicole Schafer

Dying for Gold, Catherine Meyburgh and Richard Pakleppa

The Fun’s Not Over, The James Phillips Story, Michael Cross

Beste dokumentêre rolprent

Buddha in Africa, Thinking Strings Media

Dying for Gold, Breathe Films

Sound of Masks, Lionfish Productions

The Fun’s Not Over, The James Phillips Story, Rogue Productions

Zonika de Vries in Die verhaal van Racheltjie de Beer.

Beste regie in ’n rolprent

Fiela se kind, Brett Michael Innes

Knuckle City, Jahmil X.T. Qubeka

Poppie Nongena, Christiaan Olwagen

Beste aktrise in ’n rolprent

Sandra Prinsloo, Die Seemeeu

Zenobia Kloppers, Fiela se kind

Clementine Mosimane, Poppie Nongena

Beste akteur in ’n rolprent

Albert Bakker, Die Seemeeu

Johannes Stephanus Bam, Die verhaal van Racheltjie de Beer

Bongile Mantsai, Knuckle City

Beste vroulike byspeler in ’n rolprent

Cintaine Schutte, Die Seemeeu

Anna-Mart van der Merwe, Poppie Nongena

Elize Dunster, Skemerson (Sun, Cry, Moon)

Beste manlike byspeler in ’n rolprent

Wayne van Rooyen, Fiela se kind

Patrick Ndlovu, Knuckle City

Thembekile Komani, Knuckle City

Beste rolprent

Die verhaal van Racheltjie de Beer

Fiela se kind

Poppie Nongena

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.