Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Sêgoed by die Baftas
Die aktrise Joanna Lumley, aanbieder van die Baftas, se grappies het bietjie platgeval op die glansryke aand.Foto: Getty Images

Olivia Colman, met die ontvangs van haar Bafta as beste aktrise in The Favourite. “Sover dit my aangaan moes ons al drie se name hierop gewees het, ons is al drie die hoofrol, en dit is vreemd dat ons dit nie kan doen nie. Hierdie is vir ons al drie. Dit het my naam op, maar ons kan nog ander name daarop graveer.”

Die Mexikaanse regisseur van Roma, Alfonso Cuaron. “Buitelands is net ’n ander kleur en kleure komplementeer mekaar. Ek is gelukkig dat Bafta ’n storie van ’n huiswerker van ’n inheemse kultuur vereer. Die spesifieke kleur van die rolprent is Mexiko, so ek wil ook vir Mexiko bedank.”

Rami Malek het in sy toespraak met die ontvangs vir die Bafta as beste akteur in Bohemian Rhapsody gesê.

“Julle Britte doen musiek goed, julle musikale erfenis is heilig. Dankie aan die grootste een van almal, Freddie Mercury.”

Die regisseur Spike Lee het uitgelate geskreeu “Brooklyn is in die huis!” toe hy sy prys vir verwerkte draaiboek vir sy prent BlacKkKlansman gaan haal het.

Joanna Lumley, die aanbieder van die aand, se grappies is nie goed ontvang nie. Dit het ’n storm op Twitter ontketen en mense het versoek dat sy tog nie weer gevra moet word nie. Van die laagtepunte was haar verwysing na Spike Lee se rolprent BlacKkKlansman dat sy “verbaas is dat dit nie so goed op die “Klanrolprentfees” gevaar het nie - met verwysing na Cannes, die toonaangewende rolprentfees. Die gehoor het nie ’n geluid gemaak nie waarop die aktrise oor haar mislukte grappie gesê het: “Ag nou ja”.

Daarna het sy ook die draak gesteek met die Oscars wat nie ’n aanbieder het nie nadat die akteur Kevin Hart hom onttrek het weens sy omstrede twiets. Sy het gesê: “Dankie tog dat die Baftas ’n aanbieder het, tog dink ek dit is net omdat ek nie op Twitter is nie.”

Meer oor:  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.