Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Semi-soet’ hou virtuele reünie en kykers kan saamkuier

Met oudisies en beeldmateriaal wat nog nooit voorheen gesien is nie, hou die akteurs van die 2012-rolprent Semi-soet Saterdag ’n virtuele reünie ten bate van die Teaterbystandsfonds (TBF).

Paul du Toit, Diaan Lawrenson, James Alexander, Corine du Toit, Anel Alexander, Louw Venter, Sandra Vaughn en Nico Panagio op die stel van die fliek ‘Semi-soet’.

Anders as in die fliek, kan hulle nie wyn proe óf pars nie, maar die akteurs Sandra Vaughn, Louw Venter, Anel Alexander, Nico Panagio, Paul du Toit, Corine du Toit en Diaan Lawrenson gaan vir die eerste keer in byna ’n dekade saam op skerm verskyn.

Die akteur James Gracie (voorheen Alexander) tree as seremoniemeester op.

“Terselfdertyd gaan ons nuus deel oor Semi-soet se opvolgfliek waaraan ons werk,” sê Vaughn, ook een van die draaiboekskrywers van die eerste sowel as die tweede fliek.

Anel Alexander
Louw Venter
Nico Panagio
Sandra Vaughn
Corine du Toit
Paul du Toit
Diaan Lawrenson

“Ons het ook gevoel ons moet iets doen, want die inperking is ons hede. Anel het onlangs vir my name gestuur van oorsese reekse waarvan die heel eerste episodes se draaiboeke deur die akteurs op ’n virtuele platform gelees word. Semi-soet is egter te lank om so iets te doen, maar ons wil nogtans iets aanbied. Daarom deel ons nou goed van die fliek wat nog nooit voorheen gesien is nie.”

Die akteurs en die rolprentspan het baie pret op stel gehad en hulle wil hul herinneringe deel.

Joshua Rous was die regisseur en Alexander en Gracie was die vervaardigers. Hulle het hul eie produksiemaatskappy, Scramble Productions.

Vaughn sou aanvanklik nie in die fliek verskyn het nie, maar na talle oudisies kon hulle nie die regte speler vir ’n sekere karakter kry nie. Rous het uiteindelik vir Vaughn gevra of sy ’n oudisie sou aflê.

Anel Alexander en Nico Panagio op die stel van ‘Semi-soet’.
Louw Venter en Nico Panagio op die Nelson Mandela-brug in Newtown, Johannesburg, tydens die verfilming van ‘Semi-soet’.

Vaughn sê mense moenie bang wees om kaartjies te koop nie. Dit gaan ’n gesellige kuier wees.

“Ja, ons probeer ’n mooi, vermaaklike aand daarvan maak. Dit kom natuurlik met sy uitdagings. Ek sit met foelie op my skoot en ons gebruik lampe wat nie die regte skerms het nie. Maar ons probeer die beligting regkry. Daar is soveel dinge wat ons wil deel, hopelik kry ons dit in ’n uur en ’n half ingepas.”

* Die konsert begin Saterdag om 19:00 en kaartjies kos R75. Besoek magrietgroenewald.com/semi-soet om te bespreek. Meer inligting is op die akteurs se onderskeie sosialemediaplatforms beskikbaar.

Meer oor:  Diaan Lawrenson  |  Nico Panagio  |  Anel Alexander  |  Paul Du Toit  |  Akteurs  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.