Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Shaleen sou hoofrol speel in fliek

Die aktrise Shaleen Surtie-Richards sou die hoofrol vertolk het in ’n fliek wat haar chauffeur vir haar geskryf het.

Surtie-Richards, wat Maandag in ’n gastehuis in Kaapstad dood gevind is, sou Ma Mavis in die fliek Skaapboer speel.

Shaleen Surtie-Richards Foto: Rina G. Coetzee/ Lefra Produksies

Die verfilming sou vandeesmaand hervat word nadat dit verlede jaar weens die tweede vlaag van die Covid-19-pandemie gestaak is.

Valenté Bosch het die karakter Ma Mavis vir haar geskryf.

Hy was Surtie-Richards en die tenoor Gé Korsten se chauffeur toe hulle in die destydse M-Net-sepie Egoli: Plek van goud verskyn het.

“Soveel mense sê nou hulle het haar geken, maar hoeveel van hulle was daar toe sy nie geld gehad het of kos om te eet nie?

“Ek onthou al die artikels en foto’s by haar lapa by haar huis,” sê Bosch.

“Ons sou aan die einde van die maand weer aan Skaapboer begin werk het. Daar is reeds ’n klomp tonele met Shaleen verfilm. Ons is nog onseker oor hoe ons nou te werk sal gaan. Ons hou al die finansiers op hoogte. Dis moeilik om te dink wie haar skoene sal kan volstaan.

“Ek het aan die begin van 2018 begin om die draaiboek te skryf en heeltyd vir Shaleen in gedagte gehad.”

Surtie-Richards het dikwels gesê sy wens sy kan weer ’n groot rol in ’n fliek kry – nie net ’n kameeverskyning nie.

“En hierdie fliek was haar kans,” sê Bosch, ook die regisseur en ’n vervaardiger.

“Hierin is sy nie ’n huishoudster nie. Sy is mammie en ouma met ’n pragtige familie. En sy is hierdie ou wyse uil. Lieflik.”

Die fliek handel breedweg oor ’n man wat sy werk verloor en dan besluit om met skape te gaan boer.

“Die man (Wayne van Rooyen) hoor hy is afgedank en geswartlys en hy kan nie meer in die finansiële sektor werk nie. Dit breek af aan die stigma dat bruin mans na die bottel gryp as hulle hul werk verloor. Hy gaan boer ook in ’n tradisionele wit distrik.”

Meer oor:  Shaleen Surtie-Richards  |  Aktrise  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.