Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Skemerson’ belig donker kant van gemoed
Emma (Anneke Weidemann) en Sella (Pietie Beyers) in ’n toneel uit die rolprent Skemerson wat onder meer die stigma van geestesversteurings afbreek.

Die première van die rolprent Skemerson word Maandagaand by die Canal Walk-winkelsentrum naby Kaapstad aangebied.

Die prent belig depressie en is met die finansiële bystand van die farmaseutiese maatskappy Cipla Suid-Afrika gemaak wat medisyne vervaardig vir die behandeling van depressiewe versteurings.

Die draaiboek is geskryf deur die Binnelanders-akteur Pietie Beyers, wat ook die hoofrol daarin vertolk, en die regisseur is Philip Rademeyer.

Die prent vertel die verhaal van ’n jong man, Sella (Beyers), wat besluit om sy eie lewe te neem. Toe hy egter op die 216 meter hoë Bloukrans-boogbrug – bekend as die selfmoordbrug – naby Nature’s Valley staan om ’n einde aan alles te maak, hoor hy ’n jong vrou lag. Wanneer Emma (Anneke Weidemann), haar brose ma (die bekroonde aktrise Elize Cawood) en Sella mekaar toevallig op die brug ontmoet, is dit die begin van ’n naweek wat al drie se lewe vir altyd verander.

Skemerson is vir Beyers ’n persoonlike storie omdat dit deur ware gebeurtenisse geïnspireer is.

“Dit is nie 100% my persoonlike storie nie, maar my ervaring met obsessief-kompulsiewe steuring was die motivering vir die draaiboek en die rede waarom die prent gemaak is. Om uitdrukking te gee aan my emosies op ’n gesonde en produktiewe manier, was vir my ’n helende ervaring en ek hoop dat die storie ook ander mense sal help. ’n Sleuteltema van die rolprent is dat kwessies rondom geestesgesondheid normaal, algemeen en niks is om oor skaam te wees nie,” het hy luidens ’n verklaring gesê.

Skemerson word deur Indigenous Film Distribution in Suid-Afrika uitgereik. Dit begin op 3 Mei in teaters wys.

Meer oor:  Atkv  |  Fliek  |  Skemerson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.