Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Skraal oes vir fliekvlooie die naweek
Dave Bautista en Kumail Nanjiani in ’n toneel uit die komiese aksiedrama Stuber.

Vandeesweek is daar net twee fliekuitreikings en dit blyk ’n skrale oes te wees wat gehalte betref.

* Die komediant Kumail Nanjiani (The Big Sick), en een van die hoofspelers in die televisiereeks Silicon Valley, is in Stuber te sien.

Dié aksiedrama handel oor Stu, ’n Uber-bestuurder, wie se lewe eensklaps verander as ’n speurder (Dave Bautista) in sy huurmotor klim. Dié polisieman is gewikkel in ’n senutergende jaagtog met ’n moordenaar en hy dink Stu kan sommer die avontuurtjie met hom meemaak.

Arme Stu is nou nie die dapperste muis nie – hy moet veg om sy lewe en boonop ook om sy varkies op hok te hou. Boonop is hy puntenerig oor sy skoon huurmotor en wil hy sy swaarverdiende vyfster-gradering behou.

Die regisseur is Michael Dowse. Ander spelers is Mira Sorvino en Iko Uwais.

Oorsese resensente was nie juis gaande oor die prent nie. Nanjiani is wel geloof vir dit wat hy ten beste doen: minsame neurose. Hy word gehiet en gebied deur Bautista se karakter. Die fliek duur 90 minute.

* Nog ’n pop met ’n strewe na wraak en moord. Dít is die gegewe van die bonatuurlike drama Child’s Play.

Die jonge Andy Barclay ontvang ’n spesiale geskenk van sy ma – ’n Buddi-pop, wat gou sy beste maat word en die twee is onafskeidbaar. Tog blyk dit dat die pop nie altyd “eerbaar” is nie en dat hy ’n geheime lewe het waarvan Andy niks wis nie. Andy moet al sy vriende opkommandeer om die pop se bloeddorstigheid te stop.

Die regisseur is Lars Klevberg.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.