Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Só klink nuwe ‘Bond’-temalied

Die temalied van die jongste James Bond-rolprent, No Time to Die, is Vrydag deur Billie Eilish uitgereik.

Eilish (18), wat onlangs op die 62ste Grammys die meeste pryse gewen het, is die jongste kunstenaar om ’n Bond-temalied te skryf en op te neem.

“Dit voel mal om deel hiervan te wees,” sê Eilish.

“Dis ’n groot eer om ’n temalied te skryf van ’n fliek wat deel van so ’n legendariese reeks is. James Bond is die coolste franchise wat bestaan. Ek het nog altyd daarvan gedroom om ’n Bond-rolprent se temalied te skryf. Die liedjies ‘Goldfinger’ en ‘Live and Let Die’ is die mees ikoniese samesmelting van musiek en flieks. Ons voel so gelukkig om ’n klein rol in hierdie legendariese franchise te vertolk. Lank lewe 007.”

Billie Eilish onlangs op die 62ste Grammys se prysuitdeling. Foto: Rachel Luna/FilmMagic

Die liedjie is vervaardig deur haar broer, FINNEAS, wat ook ’n paar Grammys op sy kerfstok het in samewerking met Stephen Lipson. Hans Zimmer en Matt Dunkley het die orkestrale verwerkings gedoen, terwyl Johnny Marr kitaar speel.

Daniel Craig in ‘No Time to Die’.

Eilish en FINNEAS se liedjie strook met die emosionele storie van die rolprent.

Die fliek begin op 3 April in rolprentteaters.

Daniel Craig maak sy laaste verskyning as dié spioen in die 25ste aflewering in die rolprentreeks gegrond op Ian Fleming se oorspronklike verhaal.

Die fliek begin met Bond wat uit die spioenwêreld tree, maar sy vriend, die CIA-agent Felix Leiter, vra hom om hulp.

Meer oor:  Billie Eilish  |  Flieks  |  No Time To Die  |  James Bond  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.