SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Flieks
Speurders en Charlie se engele tref die skerm
Die akteur Edward Norton vertolk die hoofrol en is die regisseur van die speurdrama ‘Motherless Brooklyn’.

“Hartstogtelik en slim”, “uitstekende vertolkings”, só besing die resensente Motherless Brooklyn, ’n neo-noir-misdaaddrama wat handel oor ’n eensame New Yorkse speurder (Edward Norton) met Tourette-sindroom, wat poog om die moordenaar van sy mentor en enigste vriend vas te trek. Norton is die regisseur. Ander spelers is Willem Dafoe, Bruce Willis en Gugu Mbatha-Raw. Die ouderdomsperk is 16 vir dwelms, taal, geweld en seksuele geweld.

*Charlie’s Angels is terug. Die keer is die gatskop-engele die aktrises Kristen Stewart, Naomi Scott en Ella Balinska wat hul dienste lewer vir kliënte van die Townsend- privaat speuragentskap, wat intussen internasionaal begin werk het. So daar is meer engele en Bosleys oraloor wat veg vir reg en geregtigheid. Die keer moet die drie boosaardige misdadigers beveg in wie se hande gevorderde tegnologie beland het, wat groot verwoesting kan saai. Die ouderdomsperk is 13 vir taal en geweld.


*Die gruwelfliek Countdown handel oor ’n app wat mense inlig wanneer hulle gaan doodgaan en hul pogings om die voorspellings te fnuik. Die ouderdomsperk is 16 vir dwelms, taal en seksuele geweld. – Laetitia Pople

Meer oor:  Charlie's Angels  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.