Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Steven Spielberg se dogter nou porno-ster
Steven Spielberg en sy aangenome dogter, Mikaela George Spielberg. Foto: Twitter

Die rolprentregisseur Steven Spielberg se aangenome dogter, Mikaela George Spielberg, het bekendgemaak dat sy ’n loopbaan as pornoster gaan volg.

Die 23-jarige Mikaela het in ’n eksklusiewe onderhoud met The Sun gesê sy het reeds met die vervaardiging van solo-pornovideo’s begin – en dat sy ook ’n ontkleedanseres wil word sodra sy ’n sekswerklisensie het.

Spielberg het glo onlangs die nuus met haar pa en aangenome ma, die aktrise Kate Capshaw, op FaceTime gedeel en sê hulle was glo “nuuskierig”, maar “nie ontsteld nie”.

“Ek het moeg daarvoor geword om nie munt uit my eie liggaam te kan slaan nie, en om eerlik te wees, moeg om voorgesê te word dat ek my liggaam moet haat,” sê sy.

“Ek het ook moeg geraak om dag ná dag te werk op ’n manier wat nie my siel bevredig nie.

“Ek voel ek sal deur hierdie soort werk (pornografie) daartoe in staat wees om ander mense te ‘bevredig’, terwyl dit my ook goed laat voel, want dit laat my nie voel asof ek geskend is nie,” sê sy.

Die regisseur Steven Spielberg. Foto: Getty Images

Steven het kort ná die onthulling aangekondig dat hy nie meer die vyfde aflewering in die Indiana Jones-rolprentreeks gaan regisseer nie. Dit is egter onbekend of daar enige verband tussen sy besluit en sy dogter se onthulling is.

Variety berig eksklusief dat hy glo die leisels aan ’n ander rolprentvervaardiger gaan oorhandig sodat die reeks uit ’n nuwe oogpunt benader kan word – dít nadat die driemalige Oscar-wenner met Indiana Jones and the Raiders of the Lost Ark (1981), Indiana Jones and the Temple of Doom (1984), Indiana Jones and the Last Crusade (1989) en Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull (2008) in die regisseurstoel was.

Hoewel Harrison Ford steeds die naamrol in die vyfde aflewering vertolk, gaan die regisseur James Mangold – bekend om rolprente soos Walk the Line, Logan en Ford v Ferrari – glo by Steven oorneem.

Die rolprent sal glo eers in 2021 uitgereik word.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

Meer oor:  Flieks  |  Steven Spielberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.