Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Stigting gee ook geld vir Covid-19-dokkies

Die Nasionale Rolprent-en-video-stigting (NFVF) het finansiering aan rolprentvervaardigers beskikbaar gestel om kort dokumentêre rolprente oor ’n aspek van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika te maak.

Die stigting se aankondiging van die projek, wat saam met die SAUK en die organisasie sonder winsbejag Steps aangebied word, volg kort op die KwaZulu-Natalse Rolprentkommissie wat R3,6 miljoen vir die skep van ses rolprente oor die pandemie in ’n hulpfonds gestort het.

Dit is nog nie bekend hoeveel geld en hoeveel projekte die stigting met sy finansiering wil ondersteun nie.

Volgens ’n mediaverklaring word rolprentvervaardigers nou genooi om idees vir dokumentêre rolprente wat op ’n aspek van die pandemie of die inperking fokus aan die stigting voor te lê.

Die beste voorleggings sal nie net met finansiering beloon word nie, maar al die voltooide dokumentêre rolprente sal uiteindelik vir ’n nasionale gehoor op SABC3 uitgesaai word.

“Die uitbreking van die Covid-19-pandemie het Suid-Afrika gedwing om ongekende uitdagings in die gesig te staar,” lui die verklaring.

“Terwyl die volle impak van die pandemie al hoe duideliker word, moet rolprentvervaardigers op dié radikale veranderinge reageer deur die rol van ’n getuie te vervul en gehore die geleentheid te gee om die wêreld deur ’n nuwe lens te ervaar.”

Rolprentvervaardigers het tot 26 Oktober kans om voorstelle van “kreatiewe, karaktergedrewe, narratiewe dokumentêre stories” vir die projek in te dien.

Die dokumentêre rolprente, in enige taal wat in Suid-Afrika gepraat word, moet hoogstens 24 minute lank wees en moet teen Mei 2021 voltooi word. Dit moet vervaardig word volgens Covid-19-maatreëls en -riglyne wat deur die Suid-Afrikaanse Silwerdoekfederasie (Sasfed) en die Organisasie vir Onafhanklike Vervaardigers (IPO) opgestel is.

Aansoeke moet op https://nfvf.praxisgms.co.za/ geregistreer en ingedien word. Alle aansoeke moet onder meer ’n samevatting van die projek, ’n begroting, en die CV’s van die kreatiewe span (vervaardiger, regisseur, kinematograaf en redigeerder) insluit.

Navrae kan per e-pos na applications@nfvf.co.za gestuur word.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.