Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Suid-Afrikaner in span wat Emmy-toekennings losslaan

Suid-Afrika se Elmi Badenhorst is in die wolke nadat sy die afgelope naweek as lid van ’n rolprentspan Emmy-toekennings vir die dokumentêre rolprent Jane op ’n seremonie in Los Angeles ontvang het.

Vreugde is . . . ’n Emmy. Elmi Badenhorst met die Emmy vir die dokumentêre rolprent Jane.Foto: Verskaf

Badenhorst was verantwoordelik vir die produksie-ontwerp van dié National Geographic-produksie wat handel oor die baanbrekerswerk van dr. Jane Goodall wat in die 1960’s saam met sjimpansees in Gombe, Tanzanië, gebly het om dié diere se gedrag te bestudeer.

Goodall het met haar navorsing uiteindelik een van die wêreld se voorste sjimpanseekenners geword.

Brett Morgan, die regisseur, is met twee Emmy-toekennings vereer. Die toekennings is vir hoogstaande kinematografie vir ’n nie-fiksie program en puik werk deur ’n regisseur vir ’n dokumentêre/nie-fiksieprogram.

Die rolprent is vir sewe Emmy’s genomineer.

Badenhorst het op sosiale media haar verwondering teenoor Ellen Kuras, die kinematograaf wat verantwoordelik was vir die beeldmateriaal, uitgespreek.

“Ellen, jy is die rede waarom ek deel geword het van die produksie van Jane. Al wat ek kan sê, is dankie. Ek dink nie jy weet hoeveel jy vir mense rondom jou beteken nie.”

Meer oor:  Dokumentêr  |  Vermaak  |  Toekennings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.