Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
NAWEEKFLIEK: Tarantino vir tagtigjariges

The Old man and the Gun

Misdaaddrama 

****

Hier het ’n mens nou die perfekte Tarantino vir tagtigjariges. Net die regte stadige pas, min geweld, akteurs van die regte ouderdom en aksie wat nie hartkloppings gaan veroorsaak nie.

Robert Redford is 82 jaar oud en hy lyk dit. Hy het verlede jaar gesê dis waarskynlik sy laaste rol. Dis in teenstelling met die Amerikaanse bankrower en meester-ontsnapper Forrest Tucker wat eenvoudig net nie kon “aftree” of stilsit nie.

Tucker is ’n interessante karakter en hy verdien ’n rolprent. Hierdie is net nie die regte een nie.

Dit sou baie interessanter gewees het om meer te wete te kom van hoe Tucker aanmekaar ontsnap het as die rooftogte wat ongelooflik stil en stemming en baie maklik plaasvind.

Robert Redford en Sissy Spacek in Old Man and the Gun.

Hy was meer jare in die tronk as daarbuite en hy is ook bekend daarvoor dat hy 18 keer uit aanhouding ontsnap het en nog 12 keer probeer het.

Die rolprent is gegrond op die tyd nadat Tucker op 70 uit San Quentin ontsnap en dadelik sy gunsteling tydverdryf voortgesit het. Hy is uiteindelik in 2004 in die tronk (Fort Worth) aan natuurlike oorsake oorlede.

Redford vertolk Tucker as ’n ware heer, netjies aangetrek, met ’n sagte stem en goeie maniere. Hy het nou net ongelukkig hierdie passie gehad om banke te beroof en uit die tronk te ontsnap. Dit lyk of hy die diefstal en ontsnappings bo alles stel.

Die geld was ’n bysaak. In een toneel gooi hy eenvoudig duisende dollars deur ’n gat in sy plafon en in ’n ander toneel laat waai hy die gesteelde geld sonder meer uit sy kattebak.

Tucker ontmoet ’n weduwee vertolk deur Sissy Spacek en hulle vorm ’n hegte band. Wanneer hulle in mekaar se geselskap is, volg diepsinnige gesprekke oor ouer word en wat in die lewe geluk bring. Die soort dinge waaroor ou mense gesels.

Die speurder John Hunt (Casey Affleck), wat aanvanklik na Tucker soek is ’n man van min woorde en ewe min aksie. Hy lyk selfs meer afgemat as die bankrower na wie hy soek.

Daar is lieflike toneel waar die parmantige Tucker en Hunt in ’n kleedkamer ontmoet en die twee wat kat en muis met mekaar speel, laat blyk dat hulle mekaar wedersyds bewonder. Dis die een keer wat daar Affleck emosie wys.

’n Mens kan nie help om te wens dat jy eerder vir Redford kan onthou soos hy in Out of Africa Meryl Streep se hare gewas het. Baie meer opwinding in daardie toneel in elke geval.

Regisseur: David Lowery. Ouderdomsperk 10 tot 12 met ouderleiding. Tydsduur 1 uur 33 minute.

Meer oor:  Casey Affleck  |  Robert Redford
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.