Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Terminator’ is die naweek se grote
Linda Hamilton in ‘Terminator Dark Fate’

Die week se groot uitreiking is Terminator: Dark Fate, die sesde aflewering in die gewilde wetenskapsfiksie-aksiereeks.

Alle ander uitreikings die naweek buig die knie voor dié grote waarna fliekvlooie behoort te stroom.

Net meer as 28 ná Terminator 2: Judgement Day is die akteurs Linda Hamilton en Arnold Schwarzenegger terug in hul eertydse rolle as Sarah Connor en die kragmasjien T-800 of dan die Terminator.

Dit is ’n verhaal van wraak en weerwraak en Connor se geliefdes word geteiken. Sy gaan dit nie toelaat nie.

Die regisseur is Tim Miller. Die resensente was oorwegend ingenome met die prent en beskryf dit as opwindend en met adrenalien belaai.

Owen Gleiberman van Variety loof die groot skaal van die prent asook die visuele effekte, wat nie die storielyn inboet nie. Hy meen ook dit het dieselfde sjarme as die heel eerste Terminator (1984).

Die ouderdomsperk is 16 vir taal en geweld. Die prent word ook in IMAX-teaters vertoon.

* Die moord op die Amerikaanse rappers Tupac Shakur en The Notorius B.I.G is die gegewe van die fiktiewe misdaadriller City of Lies. Die prent handel oor ’n afgetrede speurder Russell Poole (Johnny Depp) en ’n joernalis (Forest Whitaker) wat probeer uitvind wie die moorde gepleeg het. Die ouderdomsperk is 16 vir geweld en taal

*Die romantiese komedie The Wedding Year handel oor ’n fotograaf Mara Hickey (Sarah Hyland) wat nie seker is of sy met haar kêrel wil trou nie. Dan word sy na 15 troues in een jaar genooi en begin die druk voel om ook te trou.

*Die komiese rolprent Fish-erman’s Friends is in Port Isaac in Cornwallis asook in Londen verfilm en handel oor ’n klompie vissermanne wat graag saam sing. ’n Musiekpromotor hoor hulle en meen daar wag ’n blink toekoms op hulle. So beland een van hul liedjies op die trefferlyste en hulle pak die tog na Londen en roem aan. Dit is boonop ’n ware verhaal: Lede van die oorspronklike Fisherman’s Friends vertolk klein rolletjies in die prent.

Dit is alreeds die nuwe The Full Monty gedoop en resensente meen eenparig dat dit enige swartgalligheid by die kyker soos mis voor die son sal laat verdwyn.

Die regisseur is Chris Foggin. Die vervaardigers is bekend om die treffer Finding Your Feet.

*Die animasieprent Marnie’s World handel oor ’n huiskat, Marnie, wat niks van die buitewêreld weet nie, want hy mag glad nie die huis verlaat nie. Als wat hy van die wêreld weet, sien hy op televisie, en dit kan nogal verwronge wees. Dit is oorspronklik in Duits uitgereik

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.