Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘The Piano’ beste fliek deur vroueregisseur
Die ikoniese foto van ’n toneel uit ‘The Piano’, wat as die beste fliek deur ’n vroueregisseur aangewys is.

Die BBC het die 100 beste flieks deur vroueregisseurs bekend gemaak soos bepaal is deur die omvattendste internasionale peiling deur BBC Culture. Aan die peiling het 368 rolprentkenners in 84 lande deelgeneem.

The Piano van Jane Campion is met 43,5% van die stemme as die topfliek uit 761 aangewys.

Die regisseur wat die meeste flieks onder die top-100 het, is die Belgies gebore Franse regisseur Agnès Varda.

Volgens BBC Culture se redakteur, Rebecca Laurence, is ’n goed gebalanseerde paneel saamgestel met net ’n paar meer vroue as mans.

Die ontleding toon dat die meeste van die flieks sedert 1990 vervaardig is. Vyf van die flieks is uitgereik in 1999, vyf in 2008 en vyf in 2017 en die lande wat die meeste opgelewer het, is Amerika, Frankryk, Brittanje, Italië, België, Kanada en Japan.

So lyk die toptien:

1. The Piano (Jane Campion, 1993)

2. Cléo from 5 to 7 (Agnès Varda, 1962)

3. Jeanne Dielman, 23 Quai du Commerce, 1080 Bruxelles (Chantal Akerman, 1975)

4. Beau Travail (Claire Denis, 1999)

5. Lost in Translation (Sofia Coppola, 2003)

6. Daisies (Vera Chytilová, 1966)

7. The Hurt Locker (Kathryn Bigelow, 2008)

8. Toni Erdmann (Maren Ade, 2016)

9. Fish Tank (Andrea Arnold, 2009)

10. Daughters of the Dust (Julie Dash, 1991)

Meer oor:  Flieks  |  Bbc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.