Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Doctor Sleep’ gaan lekker skrik maak
Ewan McGregor in ’n toneel uit ‘Doctor Sleep’, ’n vervolg op Stanley Kubrick se ‘The Shining’ wat albei op romans van Stephen King gegrond is.

Daar is net drie flieks op die naweek se spyskaart en een daarvan is die vervolg van een van die grootste gruwelflieks, Stanley Kubrick se The Shining.

Die sielkundige riller Doctor Sleep het ’n ouderdomsbeperking van 16 weens dwelms, gruwels, taal, naaktheid en geweld en is soos The Shining op ’n roman van Stephen King, die skrikmaak-meester, gegrond.

Dit speel enkele dekades ná The Shining af en handel oor Danny Torrance (Ewan McGregor), ’n man wat sukkel om die gebeure in sy kinderjare in die Overlook Hotel te verwerk.

Hy en sy ma was destyds die enigste oorlewendes nadat verskeie moorde in dié hotel gepleeg is. Hulle het ontsnap en hulle in Florida gevestig, tog word hy steeds deur spoke besoek. Hy kry sy naam Doctor Sleep danksy sy vermoë om sterwendes na die volgende wêreld te begelei. ’n Kultus word bewus van sy bestaan en sy spesiale vermoëns en soek hom op. Danny moet benewens dié onrusbarende besoeke sy eie monsters trotseer naamlik dat hy ’n alkoholis is. Hy dink sy lewe gaan vreedsaam wees op die klein dorpie waar hy hom intussen gevestig het. Die regisseur is Mike Flanagan. In ’n onderhoud het Flanagan gesê die storie het hom aangetrek omdat dit temas uitlig wat vir hom belangrik is om te ondersoek, naamlik “die trauma van kinderjare, verslawing, die geestelike ineenstorting van ’n gesin en die nagevolge”. Die fliek is oorwegend positief ontvang.

Resensente van Gamesradar meen die fliek kan net glad nie by die roman kers vashou nie. The Guardian se Simran Hans meen dit het ’n varser en prettiger aanslag, tog skep Flanagan ’n spokerige afskynsel van The Shining. Die fliek is indrukwekkend en bloei danksy saadjies wat dekades gelede geplant is en aanhangers kan uitsien na verwysings na The Shining, meen die BBC se Nicholas Barber.

* Diepolisiedrama Black and Blue handel oor ’n nuweling in die polisie wat ’n moord op kamera vasvang, ’n dwelmhandelaar wat op kamera doodgeskiet word deur wat blyk korrupte polisiebeamptes is. Wat volg is haar pogings om hulle agter tralies te kry. Sy word gou ’n teiken en moet veg om haar lewe. Die regisseur is Deon Taylor en die hoofaktrise is Naomie Harris.

Die ouderdomsbeperking van 16 is weens taal en geweld.

* Dienaweek se aanbod word afgesluit met die drama We Belong Together. ’n Professor probeer sy lewe hervat nadat hy drank afgesweer het. ’n Verhouding met ’n nuwe student van hom blyk die belofte van liefde en romanse in te hou. Voordat ’n mens egter kan sê Fatal Attraction beland hy kniediep in ’n nagmerrie waaruit hy moeilik gaan kom. Die regisseur is Chris Stokes. Die akteurs is Draya Michele en Charles Malik Whitfield. Die ouderdomsperk is 13 weens dwelms en seks.

Meer oor:  Flieks  |  Doctor Sleep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.